Pensioenaris in haar huis vermoor

Bejaardes van Swakop besorg oor hul veiligheid

21 April 2021 | Misdaad
Erwin Leuschner – Gisteroggend het ondersoekbeamptes Trekkopjestraat in Kramersdorf in Swakopmund afgesper nadat me. Irene Lohmeier (82) in haar huis by nommer 9 aangeval en vermoor is.

Volgens die koördineerder vir misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Iikuyu, het onbekende verdagtes in die huis ingebreek en die 82-jarige pensioenaris oorrompel terwyl sy geslaap het. Dit is nie bekend wanneer die tragedie gebeur het nie.

Volgens Iikuyu het die dogter haar ma gisteroggend in die sitkamer met “ernstige gesig- en nekbeserings” gevind. Lohmeier is verwurg.

Ná die moord het die verdagtes die oorledene se slaapkamer deursoek en juwele, ’n bruin sak met persoonlike waardevolle artikels en verskeie “sover ongeïdentifiseerde items” gesteel. Iikuyu kon dus nie die waarde aandui nie.

“Ons vra die gemeenskap om hulp. Enige juwele wat sonder die bewys van eienaarskap verkoop word, moet by die polisie aangemeld word,” het hy gesê.

Volgens ’n betroubare bron neem die polisie aan dat twee verdagtes kaalvoet oor die buurman se erf geloop het voordat hulle oor Lohmeier se grensmuur geklim het. Hulle het glo deur ’n oop badkamerventer toegang tot die huis verkry. Ná die misdaad het die mans glo gevlug in ’n voertuig wat in die straat parkeer was. Die alarm was tydens die misdaad nie aangeskakel nie, het ’n lid van die veiligheidsmaatskappy gesê.

“Ons is baie geskok,” het een buurman gesê. “Ons het altyd gedink ons straat is veilig, maar nou is ons baie bekommerd.”

Lohmeier en haar ma, wat ’n paar jaar gelede oorlede is, het jare lank in die huis gewoon. Sy laat ’n seun en ’n dogter, asook verskeie kleinkinders agter.

In ’n onderhoud met Allgemeine Zeitung het ondersoekbeamptes hul kommer oor die skerp toename in aanvalle op bejaardes in Swakopmund uitgespreek. ’n Week gelede het drie gemaskerde mans by ’n huis in Vineta ingestorm waar twee bejaarde vroue woon. In dié geval het die verdagtes die oppasser geslaan en vasgebind en ’n 87-jarige vrou gemuilband.

Die Swakopmund-buurtwag het reeds in Maart hul kommer uitgespreek toe “drie gewelddadige aanvalle op bejaardes” binne tien dae plaasgevind het.

“Ons is baie bekommerd oor ons bejaarde inwoners wat alleen woon, omdat die genadelose misdadigers hulle teiken,” het die buurtwag gesê.

[email protected]


FOTO
Me. Irene Lohmeier is gister in haar huis in Swakopmund verwurg. Foto Erwin Leuschner

Soortgelyk

 

Pastoor verkrag glo tienerseuns

8 ure gelede | Howe

Augetto Graig – 'n Pastoor wat tereg staan op vier klagte van verkragting van vier minderjarige seuns, is op borgtog vrygelaat.Die seuns is almal onder...

Eerste nag in selle vir Boulter

8 ure gelede | Howe

Ester Kamati op Outjo – Die invloedryke Britse miljardêr mnr. Harvey Eric Boulter (51) se aansoek om borgtog is gister in die landdroshof op Outjo...

Weer vir 12 Mei 2021

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Dit sal aanvanklik koud wees in die binneland, maar andersins sal dit sonnig en warm tot baie warm wees. In die Noorde sal dit...

Vermeende beesdiewe loop hul rieme styf

8 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – Drie mans is op Otjinene in aanhouding nadat hulle na bewering Sondag naby Summerdown die slot van 'n plaashek geknip en helder...

'Glyjakkalse' loop hul rieme styf

8 ure gelede | Howe

Twee jong mense wat glo by ver­skeie oornagplekke in die noorde van die land bedrog gepleeg het, is Vrydag in hegtenis geneem. Mnr. Francois Strydom...

Mobiele Covid-toetseenheid by padblokkade

8 ure gelede | Gesondheid

Die eerste mobiele Covid-19-toetsgeriewe vir toeriste is by die Okahandja-padblokkade op die B1-hoofpad geopen. Die mobiele eenheid is 'n inisiatief deur die Toer- en Safarivereniging...

Otji-5-verhoor: Weduwee wil vergoeding eis

8 ure gelede | Howe

Marc Springer – Die weduwee van 'n Zimbabwiese burger wat twee jaar gelede op Otjiwarongo vermoor is, het die eerste wetlike hekkie oorkom in haar...

Tweejarige peuters verdrink in puttoilet

8 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het twee kinders, beide twee jaar oud, Saterdag in 'n puttoilet verdrink. Die ongeluk het omstreeks 14:00 in die...

Transgender aanrandingsaak teen polisielid begin

8 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Die verhoor waarin 'n transgender Namibiër 'n klag van aanranding teen 'n polisiebeampte aanhangig gemaak het, het Maandag in die hoërhof in...