Pensioenaris by Brakwater aangeval
Die polisie in Windhoek is steeds op soek na vyf mans wat Vrydagmiddag die 73-jarige pensioenaris, mnr. Holger Pascheka, op sy kleinhoewe naby Brakwater aangeval het. Tot op hede is Pascheka se gesteelde Toyota Hilux-bakkie teruggevind wat deur die verdagtes in Hakahana gelos is. Volgens die polisie se misdaadverslag van die naweek het die aanval omstreeks 16:30 op plot 92 plaasgevind. Pascheka was onderweg huis toe, toe hy aangeval is.
"Hulle was gewapen en het hom by die hek oorval," lui die misdaadverslag. Pascheka is deur die mans die huis ingedwing waar hulle hom aangerand en saam met twee werkers vasgebind het. Hulle het die huis omgekeer en verskeie items waaronder twee gewere gebuit.
Pascheka is dieselfde dag in die hospitaal vir sy beserings behandel. Volgens mediaberigte was dieselfde mans glo ook verantwoordelik vir nog 'n aanval kort daarna op die eienaars van 'n naburige kleinhoewe. Ook hier is die egpaar aangerand en vasgebind en het die verdagtes op waardevolle items aangedring. Inligting oor dié voorval is egter nie in die verslag vermeld nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie