Peiling wys Macron wen met goeie meerderheid

Pres. Emmanuel Macron het 'n noemenswaardige meerderheid in Frankryk se parlementêre verkiesing behaal, is in peilings bevind.

As die uitslae bevestig word, beteken dit die sosialistiese en konserwatiewe partye het 'n groot nederlaag gely.

In twee peilings is bevind dat Macron se Republic on the Move (LREM) en sy Modem-alliansie tussen 355 en 360 setels uit die laerhuis se 577 setels sal inpalm.

Dit is minder as wat voorheen voorspel is.

'n Derde peiling het met 'n groot meerderheid van 395 tot 425 setels begin, maar dit later na tussen 373 en 403 verminder.

Volgens die peilings sal die konserwatiewe Republikeine en hul bondgenote die grootste opposisieblok met 107 tot 133 setels vorm, terwyl die Sosialistiese Party, wat die afgelope vyf jaar aan die stuur was, en sy vennote tussen 30 en 49 setels sal kry. Dit is die laagste ooit vir hulle.

“Daar is geen twyfel dat die Sosialistiese Party ineengestort het nie. Die president van die Republiek het al die mag,” het Jean-Christophe Cambedelis gesê nadat hy aangekondig het dat hy as partyleier terugstaan.

Hy het gesê die party sal homself moet herbou.

Marine Le Pen het 'n setel gewen en haar Nasionale Front sal na verwagting tussen vier en agt setels kry.

Baie van Macron se LP's sal politieke groentjies wees, iets wat die parlement sal verander ten koste van die konserwatiewe en sosialistiese partye wat Frankryk dekades lank regeer het.

Een van Macron se uitdagings sal wees om só 'n diverse en polities onkundige groep wetmakers agter hom te verenig. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A