Pedofielsaak skuif na hoërhof
Kristien Kruger – Die vermeende pedofiel wat daarvan beskuldig word dat hy verskeie jong seuns in Windhoek verkrag en vir pornografies doeleindes misbruik het, se saak is vanaf die landdroshof na die hoërhof in Windhoek oorgeplaas.
Mnr. Johann Maree (50) is in April verlede jaar in hegtenis geneem en staan tereg op klagte van verkragting, onsedelike aanranding, onsedelike dade met minderjariges, die oortreding van die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad en die oortreding van die wet op die beskerming van kinders.
Daar is tans altesaam 64 strafregtelike klagte teen hom.
Maree se formele aansoek om borgtog is in Oktober verlede jaar van die hand gewys. Sy regsverteenwoordiger, me. Eva Nangolo, het destyds aan Republikein gesê hoewel die plan is om teen die uitspraak te appelleer, wil sy nie die gronde van appèl uitlig nie.
Landdros Celma Amadhila het Maandag die aanklaer-generaal se besluit om die saak na die hoërhof oor te plaas, bekend gemaak toe Maree in die landdroshof in Windhoek verskyn het.
Hy sal op 9 Februarie in die hoërhof verskyn.
AGTERGROND
Maree is 'n voormalige polisiereservis en fotograaf wat na bewering pornografiese beeldmateriaal van minderjarige seuns geneem en dit aan internasionale kliënte verkoop het.
Volgens komm. Nelius Becker se getuienis gedurende Maree se formele aansoek om borgtog het hy inligting van die polisie in Nederland ontvang dat 'n Namibiese burger betrokke is by die verspreiding van pornografie op die donker web en so het die gereg op sy spoor beland.
'n Polisiebeampte van Queensland, Australië, mnr. Scott Anderson, kon Maree later verbind aan 'n IP-adres en gebruiksnaam wat gebruik is om foto's en video's aan mense te verskaf.
Die beeldmateriaal is aan Becker gestuur en een van die video's was van minderjarige seuns in die kleedkamer by die openbare swembad in Olympia. Die video was met 'n verskuilde kamera geneem.
“Maree het foto's aan hulle verkoop en gevra wat hul voorkeure is. In die e-posse praat hulle van betaling in bitcoin,” het Becker getuig.
In een van die ander video's het die seuns, volgens Becker, skoolklere aangehad en kon die skoolwapens van skole in Windhoek geïdentifiseer word.
Becker het 'n ondersoekspan saamgestel wat sommige van die seuns opgespoor het en verklarings is in die teenwoordigheid van maatskaplike werkers afgelê.
Maree se woonstel is ook gedurende die ondersoek deursoek en beslag is gelê op onder meer sy hardeskyf waarop glo inkriminerende beeldmateriaal gestoor was.
Tydens sy ondervraging deur die polisie het hy 'n bekentenis afgelê wat tydens sy aansoek om borgtog in die hof voorgelees is.
In die bekentenis verduidelik hy in detail wat hy aan elkeen van die seuns gedoen het.
Volgens Maree was hy deur polisiebeamptes gedwing om die bekentenis te gee en hy ontken die inhoud daarvan.
Maree het onskuldig gepleit op al die klagte teen hom.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie