PDM dreig met verkiesingsboikot

Die PDM wil verseker die verkiesingskommissie hou met komende verkiesings by die reëls.
Estelle de Bruyn
Die Popular Movement for Democracy (PDM) dreig om verkiesings te boikot as elektroniese stemtoerusting sonder ‘n verifieerbare papierrekord in aanstaande jaar se verkiesings gebruik word.

Die dreigement kom ná ‘n hoëvlak-afvaardiging van die PDM onlangs ‘n vergadering met die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) belê het. Die ECN is by die vergadering oor hierdie voorneme van die PDM ingelig.

Volgens ‘n verklaring wat die president van die PDM, mnr. McHenry Venaani, uitgereik het, is die party ontevrede met die manier waarop die ECN in die verlede verkiesings behartig het, omdat dit oënskynlik ten gunste van die uiteindelike wenners was.

Die party is ook van mening dit is beter om hulle stem te laat hoor voordat verkiesings gehou word, eerder as om ná afloop daarvan daaroor te kla.

Volgens Venaani maak die gewysigde kieswet, Wet No. 5 van 2015, voorsiening dat elektroniese stemtoerusting slegs gebruik kan word met ‘n papierrekord wat later nagegaan kan word.

Hy wys daarop dat selfs Indië, waar Namibië se elektroniese stemtoerusting aangekoop is, probleme met die toerusting uitgewys het. Die PDM bevraagteken ook die gebruik van Indiese deskundiges om opleiding met die toerusting te voorsien.

“Hierdie masjiene word nie deeglik deur ervare en kundige deskundiges ondersoek en nagegaan tydens die vervoer en toekenning van toerusting aan stempunte oor die hele land nie. Die sogenaamde verifiëring word net deur ‘n handjievol individue gedoen wat nie die tegniese kundigheid het oor hoe hierdie masjiene gebruik word nie," sê Venaani.

Die PDM het ook ‘n beroep op alle belanghebbendes in die verkiesingsproses gedoen om die gebruik van die masjiene te veroordeel.

“Die wet maak die voorwaardes vir die gebruik van hierdie maniere baie duidelik, maar die ECN hou hulle blind daarvoor. Die gebruik van hierdie toerusting sonder ‘n verifieerbare papierrekord kom op kullery met verkiesings neer,” sê Venaani.

Die party het aangedui die besluit om nie aan die tussenverkiesing in Ncuncuni deel te neem nie, hou regstreeks verband met die gebruik van elektroniese stemtoerusting.

Tydens die vergadering van die PDM-afvaardiging en die ECN, het die ECN wel erken daar was in die verlede ernstige wanadministrasie.

“Die voorsitter van die ECN, adv. Nontemba Tjipueja, het erken dat hulle in sommige gebiede misluk het om regverdige verkiesings te verseker en dat menslike foute gemaak is. Die ECN sê egter in teenstrydige uitlatings dat elektroniese stemtoerusting met ‘n verifieerbare papierrekord kom, maar dat dit nie gebruik kan word nie. Hulle het later gesê toegang tot die papierrekord kan slegs met ‘n hofbevel gekry word,” lui die verklaring.

TE MIN STEMPUNTE

Die party maak ook kapsie oor te min stempunte oral oor die land.

Die PDM eis ook dat partyagente toegelaat word om deel van die verifiëringsproses asook die tel van stemme en die publikasie van die finale uitslae te wees.

“Ons het kennis geneem dat in die vorige verkiesings sommige kiesafdelings se uitslae tot nou nog nie gepubliseer is nie, al is die party bekend gemaak wat die oorwinning behaal het,” sê Venaani.

Om hierdie rede behoort daar toegang tot die verifiëringsentrum deur vertroude partyagente te wees ten einde deursigtigheid te verseker. Tydens die vergadering het die PDM alternatiewe voorstelle om meer doeltreffendheid in die kiesproses te verseker aan die hand gedoen.

Volgens die verklaring het die ECN erken daar was in die verlede ondoeltreffendheid. Gevolglik is die PDM hoopvol dat daar in komende verkiesings ‘n verbetering sal wees.

'POLITIEKE AKTIVISTE'

Die PDM het ook kommer uitgespreek omdat die ECN in die verlede kiesbeamptes aangestel het wat polities aktief is, meestal vir die regerende party.

Dit bring die geloofwaardigheid van verkiesings volgens hulle in die gedrang.

Die ECN het dit erken, wat die PDM verwelkom het. Die ECN het volgens die verklaring onderneem om in die toekoms nie polities aktiewe mense was kiesbeamptes te werf nie.

Die gebruik van staatsamptenare as kiesbeamptes is ook deur die PDM veroordeel.

Die ECN het op sy beurt onderneem om voorspraak te maak vir die werwing van voltydse kiesbeamptes om te verseker dat verkiesings vlot verloop.

BUITELANDERS

Volgens die PDM was daar in die verlede verskeie gevalle waar buitelandse burgers, veral Angolese, in Namibiese verkiesings gestem het.

“Hierdie voorvalle is aan die ECN bekend. Ons het dit baie duidelik gemaak dat wanadministrasie van verkiesings in sommige lande tot oorlog en bloedvergieting gelei het. Dit is belangrik dat die ECN ‘n neutrale rol speel en ‘n waarlik onafhanklike liggaam is,” sê Venaani.

INTELLIGENSIEBEAMPTES

Nog ‘n bron van kommer vir die PDM is die teenwoordigheid van intelligensiebeamptes en ander veiligheidsbeamptes van baie belangrike persone in die strategiese kantore van die ECN voor die aankondiging van die uitslae.

Die PDM sê die party beskik oor bewyse hiervan.

Dit het meegebring dat die party moontlike manipulasie en intimidasie van ENC-beamptes vermoed. Die party sê in die verlede is die verkiesingsuitslae aanvaar ten einde vrede en stabiliteit in die land te verseker. Dis nie te sê die party weet nie wat werklik gebeur het nie.

“Ons doen gevolglik ‘n beroep op die ECN om by die reëls te hou, en vrye en regverdige verkiesings te verseker. Ons moedig hulle aan om te leer en maatstawwe van goeie praktyke van elders in Afrika te aanvaar. Die gevolge van sekere aksies moet deur burgerlike beoordelings gemeet te word, soos in sommige lande die geval is. Ons sal by die ECN betrokke wees ten einde te verseker hulle voldoen aan die reëls,” lui Venaani se verklaring.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 340.81/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.93/BBP UP +0.04% | Platinum US$ 911.73/OZ DOWN -0.0045 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 340.81/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.93/BBP UP +0.04% | Platinum US$ 911.73/OZ DOWN -0.0045