PDM braak gal oor 2018

Dit is volgens die amptelike opposisie 'n skande vir 'n staatshoof om sy onkunde oor die optrede van sy ministers te erken.
Denver Kisting
Denver Kisting



Die amptelike politieke opposisie het gister gesê 2018 was geen goeie jaar nie.

Die Popular Democratic Movement (PDM) het by monde van sy sekretaris-generaal, mnr. Manuel Ngaringombe, gesê die afgelope jaar is onder meer deur verskeie voorvalle van arbeidsonrus gekenmerk.

Volgens hom is dit 'n duidelike aanduiding dat daar 'n toename is in onregverdige arbeidspraktyke in die land.

“Baie werknemers het hul werk weens die huidige ekonomiese uitdagings verloor,” sê hy.

Hy het gesê die PDM doen 'n beroep op die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, vakbonde en werkgewers om te werk aan gesonde arbeidsbetrekkinge, “omdat werkers die broodwinners van hul families is”.

Ngaringombe het terselfdertyd teen die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) te velde getrek, wat voete sleep met hul kontraktuele verpligtinge teenoor hoëronderwysinstellings.

“Dit is onaanvaarbaar en onmens­lik van die regering om van jong mense te verwag om goed te vaar in hul studies wanneer hulle afgelei word deur netelige kwessies soos NSFAF se onvermoë om hul kon­traktuele ooreenkoms te eerbiedig en fooie te betaal,” sê hy.

Die PDM het pres. Hage Geingob gister voorts op 'n nuuskonferensie in die hoofstad ook voor stok gekry.

Dit is 'n skande dat hy glo nie geweet het van die aankoop en verhuring van plase deur van sy kabinetsministers nie, het Ngarin­gombe gesê.

Oor die PDM se planne om die regering voor die hof te daag oor die omstrede grondtransaksies met 'n Russiese miljardêr, sê Ngaringombe: “Dit sal Dawid teen Goliat wees.”

Mnr. Calle Schlettwein, minister van finansies, was ook gister by die PDM in die sop oor sy beweerde ontkenning van die ekonomiese depressie.



GESLAGSGEWELD

Die Namibië Statistiekagentskap (NSA) het laat verlede week onthul die land se ekonomie boer vir 10 agtereenvolgende kwartale reeds agteruit.

Ngaringombe het ook sy stem namens die PDM dik gemaak oor die juk van geslagsgegronde geweld in die land.

“Die mees weerlose lede van ons burgers word hul basiese regte ontsê deur diegene wat hulle die meeste vertrou, soos hul ouers, lewensmaats, familielede en bure,” het hy gesê.

Hy het gevra vir strenger wetstoepassing in dié verband.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A