Passiemoordenaar kry lewenslank
Passiemoordenaar kry lewenslank

Passiemoordenaar kry lewenslank

'n Man wat vier jaar gelede sy minnares met 'n byl en panga doodgekap het – vóór hul driejarige dogtertjie – is lewenslange tronkstraf opgelê.
Denver Kisting
Denver Kisting



Die 32-jarige Lukas Kasimeya, wat vier jaar gelede sy lewensmaat se kop, gesig en kopbeen op “die mees gewelddadige, brutale en barbaarse manier verwoes het”, is Vrydag lewens­lange tronkstraf opgelê.

Toe Regter Herman January die vonnis einde verlede week voorlees, het hy gesê Kasimeya het op 'n ongrondwetlike manier die ma van sy kind se lewe weggeneem – “die persoon wat jy veronderstel was om te beskerm en lief te hê”.

Regter January het voorts gesê: “Ek bevind dit is 'n passiemoord weens jaloesie.”

Die moord, wat tydens Februarie­ 2014 gepleeg is, het by die Etilyasa-­nedersetting in die Outapi-­distrik plaasgevind.

In 'n bekentenis wat Kasimeya­ in Januarie by die hoërhof op Osha­kati ingedien het, erken hy hy het die oorledene, me. Helena Shivute, 'n onbekende aantal kere met 'n byl toegetakel.

“Ek weet nie hoeveel kere nie omdat ek vroeër alkohol gedrink het.

”Ek het haar ook met 'n panga gekap, maar ek kan nie onthou watter deel van die liggaam nie. Ek voel aaklig oor my dade. Ek voel sleg omdat die oorledene nie meer daar is nie.”

Dié grumoord het ten aan­skoue van die paartjie se driejarige dogtertjie plaasgevind. Nadat haar ma deur pa doodgekap is en haar pa op die vlug geslaan het, moes die dogtertjie om hulp gaan roep.

Volgens sy eie bekentenis het Kasimeya en sy meisie voor die voorval ses bottels bier van 750 ml elk én tradisionele drankies gedrink.

Hulle het in daardie stadium 'n langafstandverhouding gehad en Kasimeya het by Shivute en hul dogtertjie gaan kuier.

Hy het haar glo tydens die kuier daarvan beskuldig dat sy veelvoudige­ seksuele­ verhoudings­ met ander mans aangeknoop het.

Hy het haar reeds tydens die drinksessie by die kroeg met aanranding gedreig.

Hierná het hulle saam met die peuter huiswaarts gekeer.

“Ek het die kind gedra terwyl ons huis toe geloop het.”

Met hul aankoms tuis het Kasimeya­ verkies om buite hul wooneenheid te sit.

Volgens hom het die oorledene die dogtertjie saam in die huisie geneem en die deur gesluit.

“Ek het hulle gesmeek om die deur oop te maak, aangesien ek wou slaap.”

Toe Shivute uiteindelik die deur vir hom oopmaak, het sy glo op hom gevloek.

Hy het toe, volgens sy eie vertelling, die slaapkamer verlaat, na die tradisionele kombuis gestap en daar die panga en byl gaan haal.

“Ek wou die oorledene met die byl sny. Toe ek terugkeer na die kamer, het ek haar met die byl begin kap.”

Tydens die psigiatriese evaluering is vasgestel Kasimeya het ten tye van die voorval besef wat hy doen, is verkeerd en dat hy aan geen geestesongesteldheid gely het nie en geskik was om verhoor te word.

Ter strafversagting is getuig Kasimeya is aan geen vorige oortredings skuldig bevind nie, het verskoning gevra vir die misdaad, toon berou en was vier jaar verhoorafwagtend.

Hy het ná die moord op die vlug geslaan en is eers sowat vier weke later aangekeer.

Regter January het Dinsdag gesê: “Die erns van die misdaad, die omstandighede waaronder dit gepleeg is en die belange van die samelewing is myns insiens van só 'n aard dat daar aan die persoonlike omstandighede van die beskuldigde minder gewig geheg behoort te word.”

Volgens regter January het Kasimeya waarskynlik geen ander keuse gehad as om skuldig te pleit nie.

“Sy gedrag ná die misdaad dui nie op iemand wat berou getoon het nie.

“Hy het vir sowat 'n maand die geleentheid gehad om die naasbestaandes van die oorledene om verskoning te vra of homself aan die polisie oor te gee om duidelik berou te toon. Dít het hy nie gedoen nie.”

Regter January het voorts gesê hy is terdeë bewus van die doelwitte van 'n vonnis – naamlik voorkoming, vergelding, hervorming en om as afskrikmiddel te dien.

Desondanks verdien dié misdaad wat hom betref “die ergste vonnis in hierdie hof se diskresie”.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026