Pasop vir die son
Die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië (CAN), mnr. Rolf Hansen, het gewaarsku Namibiërs moet hulle teen die son beskerm en nie sonder sonskerm buite beweeg nie.
Hansen het gesê in 2015 het die vereniging 2 244 gevalle van velkanker gehad terwyl 534 gevalle dusver vir 2016 rapporteer is. In 2014 is 2 780 gevalle aangemeld.
"Volgens statistieke is 261 mans en 166 vroue in 2014 positief met velkanker diagnoseer, terwyl 160 mans en 116 vroue in 2015 met dié siekte diagnoseer is."
Hansen het gemaan almal kan velkanker kry, ongeag ras, ouderdom of geslag, daarom moet mense uit die son bly, veral as dit bloedig warm is.
"As ons na ons statistieke kyk, sien ons ''n neiging dat die hoogste diagnose van velkanker by ons noordelike Oshiwambo-sprekende gemeenskappe voorkom. Dit is nie net Albino-mense wat velkanker kry nie," het Hansen gesê.
Suster Christy Kavetuna, ''n verpleegster by die vereniging, het gesê Albino-kinders moet elke uur vir beskerming teen die son met sonskerm gesmeer word.
Hansen het beklemtoon ouers moet hul kinders teen die son beskerm en sonskerm veral op hul neuse en ore aansmeer.
"Breërand sonhoede moet gedra word, vermy hoede wat nie die ore en neus teen die son beskerm nie. Sonskerm moet elke twee ure aangesmeer word," het hy bygevoeg.
“Mense moet uit die son bly veral gedurende die warmste ure van die dag vanaf 12:00 tot 15:00 of hulle moet langmouklere vir beskerming aantrek. Deesdae is die sonstrale baie sterk en mense moet uit die son bly en hulself oppas.”
Kavetuna het gesê kinders moet van kleins af geleer word om hul velle teen die son te beskerm.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie