Pa's pak kilo's aan vir kinders
Twee ouers van Pro-Ed Akademie het in die Mei-vakansie 925 km afgelê . . . en dít op fietse!
Mnre. Louis Wiese en Herman Theron het ten bate van die skool se hulpfonds van Swakopmund af tot op Ai-Ais gery.
Mnr. Wiese sê dit was 'n ongelooflike ervaring, maar ook baie moeilik. Die eerste drie dae het sy tol op die liggaam en die verstand geëis. Vanaf dag vier het dit al makliker begin word omdat hulle aan die ver afstande gewoond begin raak het.
Die hulpfonds is gestig om ouers met finansiële probleme in tye van nood by te staan.
Sodoende behou ons al die leerlinge in Pro-Ed indien daar 'n krisis opduik.
Hulle het elke dag om 04:20 op die fietse gespring en eers weer om 17:00 of selfs later afgeklim.
Teen die einde van die reis was daar darem bietjie tyd om hul omgewing te besigtig.
“Ek is 50 jaar oud en dit is so lekker om die lewe weer soos 'n kind op 'n fiets te kan beleef,” sê mnr. Wiese.
Die mikpunt met die geldinsameling was N$100 000, maar die bedrag is vinnig verhoog tot N$150 000. Almal se verwagtinge is oortref toe die aankondiging gemaak is dat N$160 000 ingesamel is.
Baie dankie aan die twee ouers!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie