Parlement nooi publiek na aborsiegesprek
Parlement nooi publiek na aborsiegesprek

Parlement nooi publiek na aborsiegesprek

Dit help nie om van omstrede onderwerpe weg te skram nie, sê ’n adjunkminister.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith – Aktiviste en wetgewers, insluitend die adjunkminister van gesondheid, het die eerste openbare parlementêre gespreksessies oor die wettiging van aborsie – wat vir dié week beplan word – verwelkom.

“My siening was altyd dat mense oop gesprekke moet kan voer oor enige onderwerp, of dit nou aborsie of wat ook al is. Want as mense nie kwessies bespreek en daaroor beraadslaag nie, hoe kan ons ’n ingeligte besluit neem?” het die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Esther Muinjangue, Vrydag gesê.

Sy sê hoewel sy nie oor die geskeduleerde verhoor voor die parlement se staande komitee oor geslag en gesinsake ingelig is nie, verwelkom sy die verwikkeling.

“As daar openbare gesprekke en kommunikasie is, is dit ’n teken dat ons in die regte rigting beweeg om ons as wetgewers te help om ingeligte besluite te neem.”

’n Verklaring wat deur die Voices for Choices and Rights Coalition (VCRC) voor die komitee gelees moet word, benadruk die noodlottige gevolge van die regulering van vroue se reproduktiewe regte.

“In Namibië word 500 sterftes jaarliks aangemeld weens onveilige aborsies, wat voorkom kon gewees het. Byna alle voorkombare aborsieverwante sterftes kom voor in lande met beperkende aborsiewette – waarvan Namibië een is.”

Muinjangue het Vrydag gewaarsku: “Dit sal nie help om van sekere onderwerpe weg te skram nie; ons moet dit bespreek, dis die werklikheid wat ons vandag in die gesig staar.”

HOOG TYD

Die VCRC sal Maandag hul standpunt oor die hervorming van die aborsiewet voorgelê, wat insluit die tersydestelling van dié wet wat uit die apartheidsera dateer.

Kenners waarsku lankal dat veral swart en arm vroue in Namibië die impak van die aborsiewet die hardste voel.

“Ek is bly en optimisties, want dis ’n mylpaal-geleentheid vir al die kampvegters vir reproduktiewe regte wat voor ons gekom het en vir dié wat ná ons sal kom,” het me. Tuli Kamati van die VCRC Vrydag gesê.

Die VCRC-koalisie voer aan aborsie is wel ’n “gesondheidsorgdiens”.

Dié openbare gespreksessies, het Kamati benadruk, is ’n eerste sedert Namibië se onafhanklikheidwording en vind plaas in die nasleep van grootskaalse protesoptogte in 2020 en ’n klagskrif wat vra vir die wettiging van aborsie en wat meer as 62 000 keer onderteken is.

Die VCRC het benadruk die kriminalisering van aborsie verhoed nie dat Namibiese vroue dié prosedure ondergaan nie, maar dryf hulle eerder tot gevaarlike agterstraat-aborsies. Dít lei weer tot toenemende swangerskapverwante sterftes en beserings.

“Onveilige aborsies is lewensgevaarlik – wat nie pro-lewe is nie, maar in werklikheid anti-keuse is.

“Aborsie as ’n mensereg is dus ’n goeie keuse vir die openbare gesondheidsbeleid.”

Navorsing toon dat onveilige aborsies in Afrika verantwoordelik is vir 62% van die wêreldwye sterftes wat verband hou met onveilige aborsies – wat neerkom op 29 000 vroue wat jaarliks aan agterstraat-aborsies sterf.

Onder die organisasie se aanbevelings, is om die huidige wet te vervang met ’n “wet op vrywillige beëindiging van swangerskappe en sterilisasie” en om gratis aborsiedienste by openbare gesondheidsorgfasiliteite aan te bied.

Die VCRC sal aanvoer dat die reg om swangerskappe te beëindig vir persone van 12 jaar en ouer moet geld – sonder toestemming van ’n ouer of voog – en dat swangerskappe tot op 28 weke beëindig kan word.

NODIG

Die regskenner me. Dianne Hubbard het Vrydag gesê die Regshulpsentrum (LAC) verwelkom dié gesprekke.

“Dit is gepas vir die parlement om meer inligting in te samel oor enige kwessie wat onder hul aandag gebring word deur middel van openbare klagskrifte, soos in hierdie geval. Hierdie reaksie stem ooreen met die parlement se reaksie op versoekskrifte oor ander kwessies.”

Die huidige wet maak slegs voorsiening vir wettige aborsies wanneer ’n swangerskap ’n vrou se lewe in gevaar stel, of in gevalle van verkragting en bloedskande.

Die verkryging van ’n wettige aborsie is egter moeilik, het regskenners en advokate opgemerk, vanweë die burokratiese rompslomp wat betrokke was om magtiging te verkry.

Regskenners en advokate het egter al uitgewys dat die vereiste stappe om toestemming vir ’n wettige aborsie te verkry, baie uitgerek en ingewikkeld is.

Die openbare gespreksessies sal vanaf vandag tot Donderdag in Windhoek plaasvind en bied platforms aan verskeie belanghebbendes, insluitend die ministeries van gesondheid en onderwys, pro- en anti-hervormingskampvegters, die kantoor van die Ombudsman en die LAC.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.93 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.59 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.81 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.6 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.56/OZ DOWN -0.0058 | Copper US$ 4.53/lb DOWN -0.0218 | Zinc US$ 2 877.00/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 84.26/BBP DOWN -0.0434 | Platinum US$ 951.92/OZ UP +0.27% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.93 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.59 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.81 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.6 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.56/OZ DOWN -0.0058 | Copper US$ 4.53/lb DOWN -0.0218 | Zinc US$ 2 877.00/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 84.26/BBP DOWN -0.0434 | Platinum US$ 951.92/OZ UP +0.27%