Pandemie slaan toerismebedryf hard
Pandemie slaan toerismebedryf hard

Pandemie slaan toerismebedryf hard

Massa-personeelbesnoeiing gaan moontlik in die volgende twee tot drie maande geskied.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die toerismebedryf gaan heel waarskynlik die hardste deur die Covid-19-pandemie getref word.

Só sê die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), me. Gitta Paetzold.

"Ons probeer moed hou, maar dinge lyk elke dag erger. Tans probeer ons alles in ons vermoë om by die owerhede en banke enige hulppakkette te kry," het sy gesê.

Tydens 'n vergadering verlede week tussen die private sektor en die kabinetskomitee gelas met ekonomie, was alle sektore dit eens dat die toerismebedryf heel waarskynlik die hardste deur die covid-19-pandemie getref is.

Volgens 'n dokument van die Namibiese Toerismeverenigings (Fenata) wat Dinsdag aan die minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi, voorgelê is, gaan massa-personeelbesnoeiing van sowat 30 000 direkte poste in die volgende twee tot drie maande plaasvind.

"Maatskappye het reeds begin om personeel af te dank, veral aan die einde van Maart, want hulle het nie die kapitaal om hul personeel vir 'n bykomende maand te ondersteun nie."

Een uit elke vyf Namibiërs werk in die toerismebedryf.

Volgens Fenata is die totale verlies aan verwagte inkomste tussen N$15 en N$18 miljard.

Paetzold sê beide die regering en banke werk hard om hulpfondse bymekaar te sit.

Wat die maatreëls betref, sê Paetzold die toerismebedryf het einde Februarie, begin Maart, toe die eerste kansellasies begin instroom het, met die toerismeministerie oor die impak van Covid-19 beding.

"Die situasie het amper elke dag sedert begin Maart verander en niemand kan meer verseker wat die inkomste vir toerisme vir die res van 2020 gaan wees nie," het Paetzold gemaan.

"Ons het vroeg vir ons lede raad deur die Namibië Werkgewersfederasie gegee oor wat ons te doen staan met werknemers in sulke noodgevalle. Ons het gevra dat hulle vroeg al met werknemers onderhandel oor die beste manier om die tyd van geen gaste en geen inkomste te oorbrug.

"Met die tydelike inperking - eers Erongo en Khomas en binnekort landswyd - is die laaste moontlikheid van enige inkomste of dienste weggeneem," skets Paetzold die donker prentjie.

Sy sê die meeste rolspelers in die gasvryheidsbedryf het tydelik hul deure gesluit. Terwyl baie nog hoop om oor drie weke ná die tydelike inperking weer sake te kan hervat, het die meeste lodges al aangekondig dat hulle hul deure tot einde Junie gesluit sal hou.

"Na die ongelukkige bewoording van die mediavrystelling van die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekking en werkskepping verlede week het nog meer besighede geskrik en oorweeg nou nog meer drastiese stappe soos totale afdankings en sluiting.

"Dit blyk dat die regering, ten minste deur die arbeidsministerie, geen oorweging en begrip vir ons situasie getoon het nie" sê Paetzold.

BANKE

Paetzold meen banke is tegemoetkomend.

"Talle banke het met ons in gesprek getree, met die Bank of Namibia (BoN) wat al vroeg in Maart voelers na HAN uitgesteek het om die impak van die coronavirus te kan verstaan, en daarna het ons met First National Bank en Standard Bank vergader om uit te vind wat ons benodig.

"Ons het deur die ministerie en die regering gepleit vir onder meer belastingverligting, rentekoersverlaging en vinniger VAT-terugbetalings."

Standard Bank Namibia het Maandag 'n jaar lange blaaskans vir leners in die toerismebedryf gegee. Die verligting geld vir die oorspronklike bedrag wat geleen is en die rente op die bedrag.

"Dit sal ons kliënte in staat stel om hul kontantreserwes te gebruik om broodnodige salarisse en uitgawes tydens die inperkingstydperk te betaal," het die bank gesê.

"Die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) het my ook verlede week gebel en dit lyk asof hulle ook aan 'n hulppakket werk," het Paetzold gesê.

"Ons moet besef nie al die besighede sal die krisis oorleef nie, nie hier nie en nie oor die hele wêreld nie. As ons nie gesamentlik probeer om werks- en inkomstemoontlikhede te behou nie, sal meer as 100 000 Namibiërs aan die einde van die Covid-19-pandemie werkloos wees," het Paetzold afgesluit.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!