Pandemie lê sommige medici lam

Inkomste daal met tot 40%

18 November 2020 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – Sommige private verskaffers van gesondheidsdienste in Namibië het 'n verlaging van tot 80% in hul inkomste tydens die Covid-19-pandemie ervaar (die tydperk April tot September vanjaar).

Drie persent van respondente in die private gesondheidsektor wat aan 'n onlangse opname deur die Namibië Private Praktisynsforum (NPPF) deelgeneem het, sê hul inkomste het weens die impak van die ­pandemie in Namibië met tot 80% afgeneem.

Sowat 30% van die respondente sê hul inkomste het met ongeveer 40% gedaal.

Volgens die opname het die private gesondheidsorgbedryf deur “moeilike finansiële ­omstandighede” tydens dié tydperk gegaan vergeleke met die vorige jaar. Weens 'n afname in dienste, kan aanvaar word dat eise teen mediese fondse ook in lyn met die afname in inkomste van diensverskaffers afgeneem het, veral in die lig van die beperkings op elektiewe of niedringende operasies by private hospitale.

Volgens mnr. Eben de Klerk van die NPPF lei dit tot die vraag of lede van mediese fondse voordeel uit die afname in eise sal trek en of premies weer sal verhoog en professionele fooie onder mediese inflasie onderdruk sal word soos die standaardpraktyk by die Vereniging vir Mediese Fondse in Namibië (Namaf) is.

Die opname het ook moontlike bedreigings vir die volhoubaarheid van private gesondheidsorg in die land aan die lig gebring.

Dit sluit in die toenemende onvermoë van die staat se mediese fonds (Psemas) om private gesondheidsdienste aan sy lede te betaal, beleidsrigtings van die regering wat die bedryf beïnvloed, die moontlikheid van die instelling van 'n nasio­nale skema vir gesondheidsversekering, sowel as die ­algemene agteruitgang van die Namibiese ekonomie.

Die opname verwys na mediese fondse en Psemas wat aan private diensverskaffers gebaseer op ­statistiese modelle voorskryf wat hul mag en nie mag doen nie.

Ook word die afname in die aantal Namibiërs wat private gesondheidsorg kan bekostig uitgesonder, sowel as die feit dat plaas­like diensverskaffers toenemend minder betaal word in vergeleke met hul eweknieë in ander lande.

Byna die helfte van ­respondente sê sou Namibië 'n nasionale gesondheidsversekeringskema (NHI) in die land instel, sal dit aansienlike skade aan die private gesondheid­sektor berokken.

De Klerk sê so 'n skema sal 'n ­beduidende bedreiging vir die ­volhoubaarheid van die bedryf sowel as die voorsiening van hoëgehalte- gesondheidsdienste inhou.

“Ten beste sal dit die ­standaarde effens lig wat tans in openbare ­gesondheidsorg voorkom. Laasgenoemde sal egter gebeur deur beduidend die gehalte en standaarde te verlaag wat in private gesondheid heers,” sê De Klerk.

Volgens hom kom dit uiteindelik neer op 'n “Psemas-vir-­almal-skema”, met geen of min alternatiewe keuses om beter gesondheidsorg te bekom as wat binne die regering se voorgeskrewe omvang van die skema beskikbaar is.

Byna 30% van respondente het aangedui hulle oorweeg om te emigreer. Sowat 36% sê hulle sou jong mense aanraai om in gesondheidsberoepe te gaan studeer, maar om nie in Namibië te praktiseer nie.

De Klerk sê die 20% van private diensverskaffers in die bedryf ouer as 60 en byna 'n derde van huidige verskaffers wat oorweeg om die land te verlaat, skets 'n donker prentjie vir die ­volhoubaarheid van die private gesondheidsektor.

“Namate gesondheidswerkers verminder, gaan koste verhoog en die beskikbaarheid en moontlik die gehalte van private gesondheidsorg afneem,” het hy gemaan.

– [email protected]

Soortgelyk

 

So lyk skoolkalender vir 2021

8 ure gelede | Onderwys

Skole open aanstaande jaar vir die eerste termyn op 11 Januarie en sluit weer op 23 April. Dit is 71 skooldae en sluit die vakansiedag...

Vyftienjarige seun sterf aan Covid-19

8 ure gelede | Gesondheid

Die dood van 'n vyftienjarige seun van Windhoek met onderliggende mediese toestande en 'n 54-jarige vrou van Omaruru het Namibië se Covid-19-verwante sterftesyfer tot 140...

Man skiet vrou, homself op Rehoboth

14 ure gelede | Misdaad

’n Tragedie het die Rehoboth-gemeenskap vanoggend geruk nadat ’n 47-jarige man eers sy vrou (38) in die kop geskiet en daarna homself doodgeskiet het.Volgens adj.komm....

Making the lives of the Namibian youth better

1 dag gelede | Mense

Monique AdamsThe statement “never forget where you come from” is something Robert Haihambo frequently reminds himself of.‘Do it for the Kids Namibia’ is a voluntary...

Namaf toenemend voorskriftelik, sê forum

1 dag gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Vier uit vyf private diensverskaffers van gesondheidsdienste in Namibië wat aan ’n onlangse peiling deur die Namibiese Private Praktisynsforum (NPPF) deelgeneem het,...

Steun vir renosters

1 dag gelede | Omgewing

Renosterbewaring lê Namibia Hospitality Suppliers & Distributors baie na aan die hart en hulle het hande met die niewinsgewende organisasie die Rhino Momma Project gevat....

Man vas oor foto van afgemaaide vissermanne

1 dag gelede | Afrika

Ronelle RademeyerTerwyl Botswana se staatshoof sy regering tot “dialoog en aktiewe betrokkenheid” oor kwessies voortspruitend uit die dood van die Nchindo-broers en hul neef verbind...

Nust verdedig nuwe VK-aanstelling

1 dag gelede | Onderwys

Jemima BeukesDie Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie se raadsvoorsitter, me. Floretta Nakusera, sê hulle sal die aanstelling van dr. Erold Naomab as nuwe visekanselier...

Weer vir 17 November 2020

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die Suide en Weste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met geïsoleerde donderbuie in...