Pak die bul by die horings

08 October 2019 | Landbou
Dr. Kobus Laubscher - Dis weer kongrestyd op die landboukalender, wat hoëvlakbesinning oor die sektor beteken.

Die skrif is egter aan die muur, want die sektor is vasgevang in seker een van die moeilikste tye van sy bestaan. Fisiek is die nasleep van klimaatsverandering ‘n faktor wat konvensionele weerpatrone ontwrig en beplanning moeilik maak.

Andersyds kreun al hoe meer boere onder die las van voortslepende droogtes. Om binne so ‘n klimaat visionêr te dink, is die groot uitdaging.

Buiten die fisieke uitdagings en die sielkundige letsels wat dit laat, bly die uitdaging om dit, plus ander veranderings wat die gang van die sektor sal bepaal, te identifiseer. Dit moet ook opgeweeg word in terme van oorsaak en gevolg en planne moet aangepas word.

Dit beteken onomkeerbare veranderinge moet verstaan en omarm word sodat ons aan oplossings kan dink. Daarvoor bly planmatigheid die sleutel.

BETROKKENHEID

Landbou as sektor het verskeie dimensies en ‘n piramide van betrokkenheid op verskeie vlakke bly die aangewese model.

Op die hoogste vlak is die leiers deurlopend betrokke by onderhandelings, maar ook ander rolspelers, waaronder die regering en beleggers. Dié beleggers sluit die finansiële sektor in, wat weer toegang tot kundigheid het.

Die uitdaging op hierdie vlak bly die deurlopende insluiting van kollektiewe wysheid.

Laer af in die piramide is ‘n magdom rolspelers – die hele waardeketting wat betrokke is by die transformasie van insette en produkte.

Op die laagste vlak is produsente en hul plase waar die eintlike aksie is.

Sonder hulle is daar geen betaansregverdiging hoër op in die piramide nie. Trouens, die produk wat die plaashek verlaat, is die brandstof vir die waardeketting. Daar bestaan geen beter bewys hiervoor as juis die impak van die negatiewe bydrae van die sektor tot die ekonomie nie.

Met hierdie as agtergrond verdien die beraadslaging by kongresse dus meer aandag.

Daar moet gewaarsku word dat dit tyd vir aksie is, want in te veel gevalle sukkel van die rolspelers met ‘n oeroue probleem, naamlik analitiese verlamming.

Wat nou nodig is, is om te probeer vasstel waar die sektor behoort te wees en dan vandaaraf terug te kyk om krities te probeer bepaal wat nodig sal wees om te kom waar ons wil en moet wees.

Hiervoor is revolusionêre leierskap nodig oor die hele spektrum van die piramide van betrokkenheid en die volgende benadering kan oorweeg word:

- Ontwikkel ‘n duidelike, maar eenvoudige visie wat nie net gebaseer is op die werklikheid nie, maar wat maklik aan alle belanghebbendes gekommunikeer kan word.

- Verstaan wat dit beteken om verantwoordelik en aanspreeklik te wees en wees doelgerig met die deurvoer daarvan.

- Stel en ontmoet aggressiewe doelwitte met geen toegewings as dit by integriteit kom.

- Ontwikkel ‘n passie vir voortreflikheid – daag enige onnodige burokrasie uit en fokus op vinniger besluitneming binne ’n snelveranderende wêreld.

- Openbaar die selfvertroue om ander te bemagtig.

- Openbaar ‘n oop gemoed ten opsigte van nuwe idees as ’n middel tot bemagtiging – doen dit tot op die laagste vlakke.

- Stimuleer en omarm veranderings – moenie daardeur verlam of afgeskrik word nie – verandering is eerder ’n geleentheid as ’n bedreiging.

- Sorg vir hope energie en moedig ander aan.

- Wees vernuwend, word deel van die oplossing en wees bereid om by wenners te leer.

- Moenie bang wees om foute te maak nie, laat ander toe om ook foute te maak, maar onthou elkeen moet eienaarskap van sy foute neem.

Soortgelyk

 

Valskerm-ongeluk eis Chinese vrou

6 ure gelede | Ongelukke

'n Valskerm-ongeluk het die lewe van 'n Chinese vrou, me. Ran Lei (33), Sondagmiddag geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag het die voorval...

Frankfurt-vlugte het hervat

7 ure gelede | Vervoer

Air Namibia se vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland het hervat.Die Airbus A330-200 is ná die vlerkskade tydens ‘n ligte botsing Saterdagaand by die...

Beserker slaan 2-jarige nefie na bewering met graaf dood

7 ure gelede | Misdaad

‘n Tweejarige seuntjie is vroeg Saterdagoggend dood toe sy 50-jarige oom hom na bewering met ‘n graaf aangeval het, terwyl ‘n driejarige meisie wat hy...

Man vas oor 'diamantsmokkelary'

7 ure gelede | Misdaad

'n Nambiese man is Vrydag in verband met diamantsmokkelary op die grenspos tussen Suid-Afrika en Namibië by Oranjemund in hegtenis geneem.Volgens die Namibiese polisie se...

Meer as N$6 miljoen se dagga in lorrie gevind

23 ure gelede | Misdaad

'n Lorriebestuurder (24) en sy 34-jarige medebestuurder is Saterdag omstreeks 09:00 op die B3-hoofweg naby Grunau in hegtenis geneem. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse...

Laat koppe rol - Jooste, SPYL

23 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Stemme uit die regerende party dring toenemend aan dat diegene wat beskuldig word van korrupsie onder sy geledere verwyder word.Nadat die beleërde...

Gertze skiet glo vrou

23 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – Die uitvoerende hoof van die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA) het die naweek agter tralies deurgebring nadat hy na bewering sy vrou Saterdag in...

Namibiërs betoog oor korrupsie

23 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause - Meer as 200 mense van alle rasse en ouderdomme het Vrydag deelgeneem aan ’n teenkorrupsie-optog in Windhoek wat deur aktiviste gereël is....

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

23 ure gelede | Politiek

McHenry VenaaniPopular Democratic Movement (PDM)McHenry Venaani is die leier van die amptelike opposisie en het in 2014 as mees suksesvolle opposisiekandidat 44 271 stemme (sowat...