Padveiligheid: Elke lewe tel

Veldtog skep bewustheid

11 April 2019 | Ongelukke
Tanja Bause – Paasnaweek is om die draai en almal is besorg oor padveiligheid.

Namibia Media Holdings (NMH), in samewerking met OUTsurance Namibia, het om dié rede ’n padveiligheidsveldtog van stapel gestuur.

Volgens me. Nagula Kauluma, OUTsurance Namibia se uitvoerende hoof, is daar sowat 340 000 voertuie wat van Namibië se paaie gebruik maak.

Hoewel ons land se padnetwerk sowat 46 000 km beslaan en een van die bestes in Afrika is, is padongelukke die derde grootste oorsaak van plaaslike sterftes.

“Volgens die Namibiese Padongelukkefonds (MVAF) is 672 ongelukke tussen Januarie en Maart aangemeld, met 1 067 beserings en 120 sterftes,” sê Kauluma.

NMH se uitvoerende hoof, mnr. Albe Botha, sê daar is vyf belangrike punte waarop padgebruikers moet let.

“Ons moet die tyd voor Paasfees gebruik om seker te maak ons voertuie is padwaardig. Gaan jou voertuig se bande en skokbrekers na en maak seker jou versekering is op datum voor jy die pad aanpak,” sê hy.

“Spoed maak dood. Dit beïnvloed nie net die mense wat in ’n ongeluk betrokke is deur hul dood of beserings te veroorsaak nie, maar ook diegene wat agterbly. Dink aan die impak op almal wat agterbly as jy te vinnig ry.

“Let op sperstrepe. Dit is daar vir ’n rede – om jou veiligheid en dié van ander padgebruikers te verseker. Moenie by ’n sperstreep verbysteek nie.

“Neem ander padgebruikers in ag. Wat padgebruik betref, is ons ’n baie onbedagsame nasie; ons druk voor mense in en ons is onverskillig. As ons meer bedagsaam is, sal ons nie by sperstrepe verbysteek nie en ons sal nie die spoedgrens oorskry nie – dit is ’n rimpeleffek.

“Wanneer ’n verkeersbeampte ons stop vir ’n fout wat ons begaan het, wees vriendelik. Hy het niks verkeerd gedoen nie, hy doen net sy werk. As jy die wet oortree het en gevang is, is dit nie sy skuld nie,” sê Botha.

“Daar is verskeie faktore, soos diere op die paaie, wat tot ongelukke bydra. OUTsurance het besluit om met dié veldtog op bestuurders se gedrag te fokus,” sê Kauluma.

“Die veldtog herinner mense daaraan om op veiligheid te fokus terwyl hulle reis, en verskaf raad oor die algemeenste verkeersveiligheidskwessies soos spoed, roekelose bestuur en die verontagsaming van verkeersreëls.

“Moenie drink en bestuur nie. Maak seker almal het hul veiligheidsgordels te alle tye aan en stop gereeld om tydens lang reise te rus.

“Aan ons kliënte: Onthou die OUTsurance [email protected] is (061) 306 081 en bied padgebruikers 24 uur- gratis noodbystand.”

Soortgelyk

 

'n Seder val in Swapo

9 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

9 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

9 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

9 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...

'Sam Nujoma is 'n ikoon'

9 ure gelede | Regering

Stigterspresident Sam Nujoma se 90ste verjaardagvieringe is Saterdag op Etunda in die Omusatistreek gevier en deur verskeie hooggeplaastes bygewoon. President Hage Geingob het Nujoma as...

Water: Hou rekord van elke druppel

9 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh - Tot 90% van die water in Windhoek wat onnodig weens lekkasies of buitensporige waterverbruik verlore gaan, sou gespaar kon word indien huishoudings...

Semifinalis onttrek aan Mej. Namibië

9 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - 'n Semifinalis in die Mej. Namibië 2019-kompetisie, ­Michelle Pretorius, het aan die geleentheid onttrek. Volgens haar ma, me. Anke Pretorius, het Michelle...

'Millenniërs werk anders'

9 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig - Werkloosheid onder die jeug is 'n nasionale krisis wat op alle vlakke, nie net deur die regering nie, dringend aangespreek moet word....