Padslagtings: ‘Land op selfdoodsending’

Wet sloer jare

26 September 2019 | Ongelukke
Denver Kisting – “Ek gee nie om as ’n bejaarde mens sterf nie, maar hierdie hande van my het die lykies van babas gedra en ek kan dit nie meer vat nie.”

Dit was Maandagaand die emosionele pleidooi van hoofinsp. Rozario Coetzee oor die voortdurende slagtings op die land se paaie toe hy gevra het bestuurders moet hul gesindheid verander.

Hy was deel van ’n regstreekse paneelbespreking op die weeklikse program Talk of the nation op NBC.

Tussen een en ’n half en twee mense sterf daagliks op Namibië se paaie.

Van die bydraende faktore sluit in die oorskryding van die toegelate bloedalkoholperk, oorlading en die versuim om veiligheidsgordels te gebruik.

Daarnaas sloer ’n voorgenome wet om veral openbare vervoer te reguleer al jare.

Dít was van die bevindings wat ’n meningspeiling deur die NBC aan die lig gebring het.

’n Ander kopseer is dat bestuurskole nie gereguleer word nie, het mnr. Eugene Tendekule, die uitvoerende direkteur van die Nasionale Padveiligheidsraad (NRSC), gesê.

Die toegelate hoeveelheid mense per voertuig is veral deur ’n onlangse gru-ongeluk buite Kalkfeld waarin 14 mense omgekom het opnuut onder die soeklig geplaas.

Coetzee verduidelik kragtens ’n verkeerswetregulasie word enige kind onder drie jaar nie getel vir die bepaling van oorlading nie.

Twee kinders wat ouer as drie jaar is, maar jonger as ses jaar word as een mens getel, sê Coetzee.

Drie kinders van ses jaar of ouer, maar jonger as 12 word as twee mense getel, sê hy.

’n Voertuigsitplek word geag oorlaai te wees as die aantal persone vir wie voorsiening gemaak word op daardie sitplek ’n maatstaf van 380 mm per persoon oorskry.

Dit word gemeet teen die breedste gedeelte van die sitplek wanneer die deure van die voertuig toe is, sê hy.

Coetzee sê die dra van ’n veiligheidsgordel is net ’n vereiste as die voertuigsitplek met een vervaardig is.

“Die vraag bly: Het ons as Namibiese bestuurders selfdoodneigings deur kanse met ons eie lewens te waag? Die antwoord is ja, ja, ja. Ons moet ons dwaasheid laat staan en begin om by die padreëls te hou en ’n verskil te maak.”

’n Uitvoerende lid van die Namibië Openbarepassassiersvervoervereniging (NPPTA), mnr. Uapingena Karuaera, sê hy het min hoop.

Al wat hulle kan doen wanneer een van die operateurs wat by hulle geregistreer is, oortree, is om met die persoon ’n geprek te hê.

As daar dadels kom van dié ontmoediging, is hul hande afgekap, sê hy.

Coetzee beveel aan elke voertuig word met ’n 2 kg-brandblusser toegerus.

“Dit maak nie saak of dit ’n private, openbare of ’n regeringsvoertuig is nie. In plaas daarvan om ’n video te maak om later in die sosiale media te plaas, kan ons dan ons brandblussers gebruik en só lewens red.”

Coetzee sê wetstoepassers se werk word verder bemoeilik omdat daar geen geïntegreerde databasis van oortreders bestaan nie.

Namibian Sun, Republikein se susterskoerant, het verlede Vrydag berig 101 mense is die afgelope maand in 335 motorongelukke dood.

[email protected]

Soortgelyk

 

Laat koppe rol - Jooste, SPYL

12 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Stemme uit die regerende party dring toenemend aan dat diegene wat beskuldig word van korrupsie onder sy geledere verwyder word.Nadat die beleërde...

Gertze skiet glo vrou

12 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – Die uitvoerende hoof van die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA) het die naweek agter tralies deurgebring nadat hy na bewering sy vrou Saterdag in...

Namibiërs betoog oor korrupsie

12 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause - Meer as 200 mense van alle rasse en ouderdomme het Vrydag deelgeneem aan ’n teenkorrupsie-optog in Windhoek wat deur aktiviste gereël is....

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

12 ure gelede | Politiek

McHenry VenaaniPopular Democratic Movement (PDM)McHenry Venaani is die leier van die amptelike opposisie en het in 2014 as mees suksesvolle opposisiekandidat 44 271 stemme (sowat...

Weer vir 18 November

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar donderbuie oor die verre Noordooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm. Winderige...

Buitelandse mediese studente: Eksamen nietig verklaar

12 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die jongste pre-internskapevaluering van 297 studente wat medies in die buiteland studeer het, is nietig verklaar. Die evaluering is op 27 September...

Passasiers gestrand ná Frankfurt-botsing

12 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Dit is in hierdie stadium nie bekend wanneer Air Namibia se vlugte tussen Frankfurt in Duitsland en Windhoek sal hervat nie.Dit volg...

Die kwaliteit van verkiesings

12 ure gelede | Politiek

Christie Keulder – Gereëlde vry en regverdige verkiesings is die rugraat van enige demokrasie.Die kwaliteit van verkiesings is daarom onontbeerlik vir die konsolidering van nuwe...

VERKIESINGS 2019: Regeringstrukture en die staatsdiens

12 ure gelede | Politiek

Die reeks neem politieke partye se manifeste oor sleutelkwessies in oënskou.ALL PEOPLE’S PARTY (APP)• Sny die uitspattige salarisse van openbare ondernemings (SOE’s) se direksie, uitvoerende...