Paartjie midde olifantstormloop tydens skietery
'n Besoeker aan die Bwabwata Nasionale Park het die skietvoorval al verlede Vrydag aangemeld, maar parkowerhede het dit teen gister glo nog nie by die ministerie aangemeld nie.
Francoise Steynberg - Verlede Vrydag het mnr. Berrie Holtzhausen en sy vrou, Poppie, hulself te midde 'n olifantstormloop in Buffalopark in die Bwabwata Nasionale Park in die Noordooste bevind, toe vermeende stropers glo op die trop geskiet het.
Holtzhausen sê het hy die voorval dadelik by twee instansies aangemeld. Volgens die ministerie van die omgewing en toerisme se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, is geen voorvalle van 'n skietery of olifantstropery in Buffalopark teen gister by die hoofkantoor in Windhoek aangemeld nie.
"Ons het Buffalopark besoek en op pad terug het ons 'n trop van honderde olifante langs die pad gesien. Ons het 'n U-draai gemaak en gekyk hoe hulle oor die pad stap," het Holtzhausen gesê.
"Dit het sowat 25 minute vir die trop van tussen 400 en 600 olifante geneem om oor die pad te loop. Gelukkig het ek gesien daar loop ook olifante agter ons en dit in gedagte gehou.
"Toe die laaste olifante oor die pad loop, toe begin die skote te klap!"
Holtzhausen sê die skote het van die rivier se kant af gekom – sowat 100 m van die pad af. Hy het sewe skote gehoor wat vir hom soos uit 'n jaggeweer geklink het. Hulle was sowat 1,8 km van die ingangshek af.
"Toe die skote klap, toe vlieg daai honderde olifante om en al wat jy sien is 'n massiewe stofwolk. Ek besef toe die olifante agter my gaan ook storm, maar ons was gelukkig om onder hulle uit te jaag," vertel Holtzhausen.
Hy sê hulle het dadelik na die ingangshek van die park gery en die vroulike beampte aan diens gevra of sy ook die skote gehoor het.
"Sy het gesê sy het net twee skote gehoor. Ek het vir haar gesê sy moet die owerhede in kennis stel dat daar in die park geskiet is."
Volgens Holtzhauzen het die beampte gesê haar foon werk nie.
"Ek het 'n hoofman wat ek ken, gebel en toe Divundu toe gejaag om daar met hom te praat. Hy het 'n natuurbewaarder van sy foon af gebel by wie ek die voorval aangemeld het. Ek het die voorval dus by twee instansies aangemeld."
Holtzhauzen meen vir buitelandse toeriste wat nie vertroud is met sulke voorvalle nie, kan dit 'n gevaar wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie