Pa gooi baba op dak
'n Pa van die Choto-informele nedersetting in Katima Mulilo het Vrydagaand sy driemaande oue babaseun vermoor. Die man het volgens die jongste misdaadverslag die seuntjie aan die nek vasgehou, terwyl hy aan die ma gevra het wie die biologiese pa is. Hy het die seuntjie op die dak van die hut gegooi, waarna die baba van die dak afgeval en op die toneel gesterf het. Die 29-jarige pa is agter tralies.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie