Ovahimba-leierskapvete in hof
Ovahimba-leierskapvete in hof

Ovahimba-leierskapvete in hof

’n Aansoek is gister in die hoërhof in Windhoek oor die hoofmanskap van die Ombuku tradisionele owerheid aangehoor.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - In ’n aansoek voor regter Shafimana Ueitele in die hoërhof in Windhoek versoek mnr. Mutaambanda Kapika, hoof van die Ombuku tradisionele owerheid, die hof om ’n besluit deur die minister van stedelike en landelike ontwikkeling oor die leierskap van dié tradisionele owerheid ter syde te stel.

In dié aansoek vra Kapika dat die minister, me. Sophia Shaningwa, se erkenning van die aanstelling van sy halfbroer as waarnemende hoof, hersien en/of reggestel en/of ter syde gestel word.

Mnr. Hikuminue Kapika, Kapika se halfbroer, se aanwysing as tradisionele hoof van die Ombuku tradisionele owerheid is op 3 Februarie 2016 deur Shaningwa erken.

Kapiku dagvaar ook die voorsitter van die raad van tradisionele leiers, die Kapika tradisionele owerheid en Hikuminue in sy aansoek.

Kapika voer in sy beëdigde verklaring aan dat hy die regmatige hoofman van die Ombuku tradisionele owerheid is omdat hy verkies, aangestel en erken is deur die Ombuku tradisionele gemeenskap ooreenkomstig die gewoontereg en norme van dié gemeenskap.

OPVOLGING

Volgens Kapika het sy vader, hoofman Muniomuhoro Kapika, aan die owerheid se oudstes gesê dat hy, Kapika, sy vader moes opvolg. Kapika was egter te jonk om ná sy vader se dood die leierskap oor te neem en sy oudste broer, Hikuminue, is sonder ’n verkiesing aangestel.

DIE BAYNESDAM-KWESSIE

Gedurende Hikuminue se leierskap het die regering met die voorstel vir die bou van ’n hidroëlektriese kragprojek in die Kunenerivier by die Epupa-valle gekom.

Die konsensus van die Ovahimba en ander Kaokoland-gemeenskappe in die area was dat die projek hul gebruike en kultuur sou verwoes, natuurlike hulpbronne sou verminder en hul regte as burgers van Namibië sou ondermyn, het Kapika in sy beëdigde verklaring aangevoer.

“Die spook van die damprojek het voortdurend oor die gemeenskap gehang en angstigheid veroorsaak. Dit was soos ’n hiëna by jou deur in die nag” het Kapika gesê.

Kapika voer aan dat Hikuminue die gemeenskap aanvanklik in hul opponering van die projek gesteun het.

LEIERSKAPSDISPUUT

Kapika sê Hikuminue is gedurende Augustus 2013 deur drie sakemanne geteiken om sy ondersteuning vir die damprojek te kry. Die drie het ook verteenwoordigers van ’n Chinese konstruksiemaatskappy, Sinohydro Corporation, aan Hikuminue voorgestel. Mnr. Motjinduika Kapika, seniorraadslid van die hoofman se raad, is in November 2013 vir ’n besoek na China geneem.

In Januarie 2014 het die gemeenskap byeengekom om terugvoering van die besoek aan China te ontvang, maar Hikuminue het geweier om die verslag te hoor en het die volgende dag saam met die sakemanne die dorp verlaat, sê Kapika.

Hikuminue het sy gemeenskap vir drie maande verlaat en in Maart 2014 teruggekeer, vergesel van die Namibiese polisie. Hy het ook op NBC-televisie verskyn en gesê hy staan nie meer die damprojek teë nie. Volgens Kapika het dit ’n leierskapskrisis veroorsaak.

Kapika is daarna as leier verkies.

In Julie 2014 het Hikuminue aangekondig dat hy by die Swapo-party gaan aansluit en in Maart 2015 het Kapika formeel aansoek gedoen vir erkenning as leier van die Ombuku tradisionele owerheid, maar tot op hede het hy geen terugvoering op sy aansoek gekry nie.

In Maart 2016 is Kapika deur mnr. Maongo Hembinda ingelig dat Hikuminue deur die regering as waarnemende hoofman van die Kapika tradisionele owerheid aangewys is. Kapika voer in sy beëdigde verklaring aan dat die gebruiklike wette en norme van die tradisionele owerheid in die proses misken is en onwettig is.

HIKUMINUE SE SAAK

Hikuminue voer in antwoord aan dat Kapika nie gemagtig was om die aansoek te bring nie omdat hy nie die hoofman van die Ombuku-gemeenskap is nie. Hy het die hof dus versoek om die Kapika se aansoek van die hand te wys.

In sy verklaring voer hy aan dat die Ombuku-leiers uit die bloedlyn aan moederskant en nie die bloedlyn aan vaderskant aangewys moet word nie.

Volgens hom moet die leier uit die Ovakwendata-familie, waarvan hy afkomstig is, kom. Hoewel Kapika en Hikuminue dieselde vader het, is hul moeders van verskillende families.

Hy voer verder aan die gemeenskap het nie die mag om ’n hoofman aan te stel nie, en totdat ’n hoofman deur die Ovekwendata verwyder word, bly hy die leier. In sy geval is hy nooit as leier verwyder sedert 1982 nie en is sy aanstelling in Julie 2016 in die Staatskoerant met die goedkeuring van die president bevestig.

Hy sê verder dat die Baynes hidroëlektriese-kragprojek nie relevant is in sy aanstelling as waarnemende hoof van die Ombuku tradisionele owerheid nie.

UITSTEL

Aan die einde van gister se verrigtinge het regter Ueitele beslis dat die president van Namibië as ’n party tot die verrigtinge gevoeg moet word vanweë sy rol in die goedkeuring van die aanstelling van Hikuminue as waarnemende hoof van die Ombuku tradisionele owerheid.

Die saak is tot 11 Oktober uitgestel sodat die hofstukke op die president beteken kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A