Ouwu00eareldse vermaak by 'nuwe' inryteater
Ouwu00eareldse vermaak by 'nuwe' inryteater

Ouwêreldse vermaak by 'nuwe' inryteater

Yandi Du Plessis
Yandi du Plessis

Dalk is jy al keelvol vir Netflix of ShowMax, of bloot net uitgekuier om by die huis te sit. Dalk verlang jy na die teater – die reuk van springmielies en die grootskerm.

Met sosiale afstand wat belangriker as ooit is, is dit nou die perfekte tyd om ’n gunsteling uit die 70’s terug te bring – inryteaters.

By The Big Screen #DriveThruCinema kan jy filmgenot in die gemak van jou eie kar ervaar. Vir drie opeenvolgende dae word drie bekroonde films gewys.

Vandag (Vrydag) is The Wolf of Wall Street met ’n uitstekende hoofrolvertoning deur Leonardo DiCaprio op die grootskerm. Môre (Saterdag) wys die historiese drama Gladiator. Die naweek eindig op ’n hoë noot met die biografiese drama The Pursuit of Happyness wat Sondag, 31 Mei, wys.

Die spesiale inryteater word by Rensburgerstraat 80 by die Lafrenz-parkeerarea oorkant Coca-Cola Namibia opgerig.

Die hekke sal om 18:00 open en die rolprente begin draai om 19:40.

Toegang beloop N$200, of N$250 met verversings ingesluit – twee houers springmielies en twee drankies (gaskoeldank, koffie of tee).

’n Maksimun van drie mense per voertuig word toegelaat en ’n ouderdomsbeperking van 16 jaar geld vir al dié films.

Gebruik die geleentheid om uit die huis te ontsnap en deel te neem aan ’n tradisie wat mense in die ou dae baie genot verskaf het.

Kaartjies is beskikbaar by www.webtickets.com. of PicknPay-winkels.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!