Oudonnie weer in Maart voor hof

12 February 2020 | Howe
Denver Kisting – Tydens ’n bondige verskyning in die Rehoboth-landdroshof Maandag het ’n 69-jarige, wat daarvan beskuldig word dat hy sy agtjarige dogter verkrag het, gehoor hy moet weer op 10 Maart in dié hof verskyn.

Hy is verlede week op borgtog van N$5 000 vrygelaat.

Landdros Desmond Beukes het die saak tot aanstaande maand vir verdere polisieondersoek uitgestel. Die oudonderwyser se borgtog is tot dan verleng.

Dít kom nadat hy etlike weke gelede op die Hardapdorp aangekeer is.

Me. Kandiwapa Nangombe, ’n ander landdros, het hom verlede Maandag op borgtog vrygelaat onderworpe aan voorwaardes.

Sy het gelas hy mag nie met enige staatsgetuies kontak hê nie.

Daarnaas moes hy ook al sy reisdokumente indien, het mnr. Christopher Stanley, sy regsverteenwoordiger, vroeër bevestig.

Omdat die man se vermeende slagoffer saam met sy vrou in hul huis in Blok B woon, moes hy ook ’n ander tuiste vind, het Stanley gesê.

Die geliefde oudonderwyser se inhegtenisneming verlede maand het die klein gemeenskap in die Hardapdorpie geskud.

Hoewel talle veral in die sosiale media teen hom uitvaar, tree baie ook vir hom in die bresse.

Sy aanvullende wiskundeklasse, wat hy tuis aangebied het, was baie gewild.

Maar, sê Stanley, die man se reputasie het ’n erge knou gekry weens die bewerings wat hom in die gesig staar.

Die vermeende slagoffer is sy en sy tweede vrou se enigste kind saam. Albei het ouer kinders.

Sy identiteit word weerhou om dié van sy dogter te beskerm.

[email protected]

Soortgelyk

 

NBC-werknemer toets positief

6 ure gelede | Gesondheid

Die nasionale uitsaaier (NBC) het bekend gemaak dele van sy hoofkantoor in Windhoek is tydelik gesluit omdat een van sy werknemers positief getoets het.Die direkteur-generaal,...

Agt mense sterf die naweek in voertuigongelukke

7 ure gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer - Agt mense, onder wie twee kinders van onderskeidelik een en ses jaar, het die naweek in voertuigongelukke gesterf.Dit is gelykstaande aan die...

Nog 'n sterfte, 88 nuwe Covid-19-gevalle

9 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) sê 'n 47-jarige man van Walvisbaai met onderliggende mediese toestande het aan Covid-19 gesterf. Hy is in...

Mesmoorde in stad sowel as Noorde

1 dag gelede | Misdaad

Die Namibiese polisie het vanmiddag lig gewerp op vier moordgevalle wat die naweek gebeur het. Volgens hoofinspekteur Kauna Shikwambi, hoof van Nampol se openbare skakelafdeling,...

69 nuwe gevalle stoot bevestigde gevalle op tot 1...

1 dag gelede | Gesondheid

Die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in die land het vandag met 69 tot 1 687 opgeskuif. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr....

Covid-19-gevalle styg met 96 tot 1 618

2 dae gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê die aantal Covid-19-gevalle het met 96 tot 1 618 gestyg. Hiervan is 75...

Verkeer tussen Namibië, Kaap weens Covid-19 ontwrig

2 dae gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Vragverkeer tussen Namibië en die Wes-Kaap kan sedert Donderdagaand nie langs die kortste roete oor die Oranjerivier plaasvind nie, aangesien Suid-Afrika sy...

24-year-old ensuring safety via TaxiConnect

3 dae gelede | Mense

MICHELLINE NAWATISESTaxiConnect is a locally developed ride-hailing company founded in April 2020. TaxiConnect offers an interactive and smart technology of taxi booking for customers and...

Te min isolasie, suurstof vir Walvis se episentrum

3 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Walvisbaai, Hentiesbaai en Swakopmund het nie genoeg isolasie- en kwarantyngeriewe om die toenemende stygende aantal positiewe Covid-19-gevalle en -kontakte te isoleer nie....