Otjomuise kry polisiekantoor
Tanja Bause
'n Polisiekantoor is verlede week in die Otjomuise-woonbuurt in Windhoek geopen.
Dit is onder meer ontwerp om voorsiening vir die huisves van die eenheid vir geslagsgerigte geweld te maak. Dit het twee slaapkamers en 'n kombuis waar slagoffers veilig versorg kan word.
“In die verlede is polisiekantore nie ontwerp om slagoffers van geslagsgeweld te kan akkommodeer nie. Dit het nie voorsiening gemaak vir die slagoffer en die polisiebeamptes om in private geriewe met mekaar te kan gesels nie. Dus het baie van die vroue nie na die polisie toe gegaan om die misdade aan te meld nie. Die probleem word met die nuwe polisiekantoor en geriewe opgelos,” het die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie en visepresident van Interpol in Afrika, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, gesê.
Die polisiekantoor het ook agt selle waarin tot 40 mense aangehou kan word. Daar is ook onder meer 'n aanklagkantoor, 22 kantore, 'n raadsaal, radiobeheerkamer, kombuis, stoorkamer, ablusiegeriewe, dokterskantore en 'n wapenstoor. Barakke wat 44 manlike en 22 vroulike polisiebeamptes kan huisves, is ook ingewy. Drie huise, wat die stasiebevelvoerder, sy adjunk en die eenheidsbevelvoerder asook hul families sal akkommodeer, is ook deel van die gebouekompleks.
Daar is ook twee brandstoftenks met 'n kapasiteit van 30 000 liter elk vir onderskeidelik petrol en diesel.
116 polisiebeamptes, insluitende 15 ondersoekbeamptes, sal die stasie beman. Dit beskik ook oor nege voertuie.
“In die ideale omstandighede sou 560 polisiebeamptes so 'n A-klas-polisiekantoor beman, maar ons het nie die mannekrag nie. Die Otjomuise-gemeenskap en dié van omliggende gebiede moet nie dink minder polisiebeamptes beteken minder diens nie. Ons is hier om hulle te dien en dit sal ons doen,” het Ndeitunga gesê.
Die konstruksie van die kantoor het in September 2014 begin en is in Maart vanjaar voltooi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie