Otjiwarongo moordenaar gevonnis
Die 31-jarige Ivan //Hoëseb, wat die 26-jarige me. Elizabeth Ganses (26) in Oktober 2015 vermoor en haar liggaam aan die brand gesteek het, is vanoggend in die hoërhof in Windhoek deur regter Christie Liebenberg tot 37 jaar gevangenisstraf gevonnis. //Hoëseb se regsverteenwoordiger, mnr. Milton Engelbrecht, het gesê die vonnis is te swaar en dat hy daarteen gaan appelleer.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie