Oshakati-staatshospitaal in die knyp

Die beskikbaarheid van hulpbronne is wisselvallig in die grootste verwysingshospitaal van distrikshospitale in vyf streke, wat pasiënte van Angola insluit.
Catherine Sasman
Catherine Sasman



Mediese praktisyns by die Oshakati-staatshospitaal sê hulle vrees dat pasiënte se lewens in gevaar gestel kan word as gevolg van die onhoubare toestande by die hospitaal.

In September het die hospitaal dae sonder water­toevoer ervaar - glo sonder waarskuwing.

Later het dr. Korbinan Vizkaya Amutenya, die hospitaal se superintendent, gesê die hospitaal word gewoonlik in kennis gestel van enige moontlike wateronderbrekings.

Mediese praktisyns het gesê vir dié maand kon beddegoed nie gesteriliseer word nie en baie van die pasiënte moes op onbedekte matrasse slaap.

Vreemd genoeg moes hulle noodgedwonge ook gebruik maak van duurder chirurgiese handskoene om die geringste kontak met pasiënte te maak, bloot omdat die goedkoper, nie-chirurgiese handskoene nie beskikbaar was nie.

Van die verwarde personeellede het die inisiatief geneem om nie-chirurgiese hand­skoene by plaaslike apteke te koop.

“Daar word vir ons gesê daar is nie geld beskikbaar nie, maar dan word ons gedwing om die duurste handskoene vir die kleinste takies te gebruik,” het een bron gesê.

“Ons weet nie wat aangaan nie.”

Die bestuurspan by die hospitaal het erken probleme word ervaar met die beskikbaarheid van materiale vanuit die sentrale mediese stoor (CMS).

Probleme word dikwels as “wisselvallig” beskryf.

Die hospitaal het volgens die bestuurspan op 23 September gesê daar is geen nie-steriele hand­skoene beskikbaar nie.

Die volgende dag het die streekswinkel en ­kliniese voorraadstoor daarin geslaag om handskoene van ander fasiliteite af te kry, terwyl die CMS nuwe voorraad moes verskaf.

“Die handskoenprobleem is tydelik opgelos en die hele hospitaal het nie-steriele handskoene, maar nie genoeg nie” het die bestuurspan gesê.

Hulle het verder gesê die personeel moes noodgedwonge steriele hand­skoene gebruik.



DIEFSTAL BY SENTRALE MEDIESE STORE

Vroeër hierdie jaar is 'n versoek na bewering aan die Namibiese polisie en die Teenkorrupsiekommissie (ACC) gerig om ­ondersoek in te stel ná ­bewerings van grootskaalse diefstal by die CMS op die lappe gekom het.

In Julie is 'n versoek gerig dat polisiewagte die store bewaak, nadat voorraad ter waarde van N$5 miljoen weggeraak het.

Mnr. Nelius Becker, hoofondersoekbeampte van die ACC, het verlede Vrydag gesê die kommissie het in 2012 'n ondersoek by CMS uitgevoer, maar niemand kon destyds met die diefstal verbind word nie.

Becker het gesê “laegraadse diefstal” is opgemerk ná die voorraadopname vir 2012-'13, toe verliese van meer as N$2 miljoen ontdek is. Volgens hom kon dié diefstal daagliks op klein skaal en na-ure op groot skaal plaasgevind het.

Die ACC kon tot dusver nog nie enige uitsonderlike deurbraak maak nie en het gevolglik aanbeveel dat sekuriteit by die store opgeskerp moet word.

“Ek dink nie enige sekuriteitsmaatreëls is ooit ingestel nie,” het Becker gesê.

Hy het ook opgemerk daar is skynbaar 'n groot mark vir die gesteelde goedere buite Namibië.

Becker het versoek dat enigiemand met inligting rakende die diefstal of die sindikate daarby betrokke die ACC moet nader.



SPLINTERNUWE KRAAMSAAL STAAN LEEG

Nog 'n bewering is dat die hospitaal spog met 'n splinternuwe teater in die kraamsaal, wat weens konstruksieprobleme nog nooit gebruik kon word nie.

Die Oshakati-staatshospitaal word ook gebruik vir noodoperasies in die Oshana-, Kunene-, Omusati-, Ohangwena- en Oshikotostreek, asook die suidelike deel van Angola. Dit plaas geweldige druk op dié hospitaal se hulpbronne.

Volgens bronne word die ander beskikbare teater vir keisersneë en ander noodgevalle gebruik. Die bronne beweer lewens word in gevaar gestel as gevolg daarvan.

Die Oshakati-bestuurspan het gesê die twee splinternuwe teaters in die kraamsaal is nog nie voltooi nie. Volgens die konstruksiemaatskappy Stauch & Partners Consultants is dit 95% voltooi.



TALLE ANGOLESE PASIëNTE

Mediese personeel by die Oshakati-staatshospitaal het ook opgemerk 'n groot getal pasiënte wat van die staat se fasiliteite gebruik maak, is Angolees.

Sommige het die aantal Angolese pasiënte, wat dieselfde ­nominale bedrae as Namibiese staatspasiënte betaal, op rondom 50% geskat.

In een geval het iemand opgemerk 'n Angolese burger betaal N$30 vir 'n maand in die intensiewe­sorgeenheid (ICU).

Volgens mediese personeel plaas dit verdere druk op hulpbronne.

Die hospitaal se bestuurspan het gesê die bewering dat 50% van die ­pasiënte Angolese burgers is, is oordrewe.

Op 25 Oktober het die bestuurspan gesê 86 uit 812 pasiënte was buitelanders: Twee Zimbabwiërs, een Malawiër, een Suid-Afrikaner en 82 ­Angolese.

Van die ses pasiënte in die ICU was twee buitelanders (een Zimbab­wiër en een Angolees).

Die bestuurspan het erken alle pasiënte – Namibiërs én buitelanders – betaal dieselfde tariewe “sonder vrees of voorkeur”.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026