Os byna so swaar soos Springbokspan

Brakwater Abattoir het op 'n veiling N$96 000 vir twee reuseslagosse betaal, die een ’n Chianina- en die ander ’n Belgian Blue-kruising.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Besoekers aan die Windhoek Skou het verlede week oopmond na die twee reuse-osse gestaar wat by die vee-afdeling uitgestal is sodat mense die diere se gewigte kon raai om vir ’n prys in aanmerking te kom.

“As Gentle Giant met ’n vol pens geweeg was, sou hy die skaal digby 1 500 kg getrek het. Dit omtrent soveel as wat 15 Springbokspelers weeg.” So sê dr. Alfred Dippenaar van WagNou Boerdery naby Gobabis wat Donderdag dié twee reuseslagosse vir die rekordbedrag van N$96 000 aan mnr. John Pearson, eienaar van Brakwater Abattoir verkoop het. Die diere is Vrydag geslag.

Gentle Giant, die Chianina-kruising, het met ’n leë pens die skaal op 1 290 kg getrek. “’n Dier weeg maklik 8 persent meer as dit met ’n vol pens geweeg word, wat beteken hy kon die skaal amper op 1,5 ton trek. Dit is omtrent soveel soos wat 13 tot 15 Springbokspelers saam weeg.”

Die ander os, Big Blue, het droog (vir 24 uur sonder kos) 1 180 kg geweeg. Hy was ’n Belgian Blue-kruising.

Pearson het vir die Chianina-os N$50 000 betaal en vir die Belgian Blue-os N$46 000. Dit is ’n Namibiese rekord.

“Ek kon hulle net laat slag het, maar het besluit om die diere eers ten toon te stel en op te veil omdat hulle redelik uniek is,” sê Dippenaar. Hy het 7% van die opbrengs as kommissie aan die skoufonds betaal om in die landbou-afdeling terug te ploeg.

Gentle Giant het 816 kg uitgeslag en Big Blue 760 kg, vertel Dippenaar.

Pearson sê hy het die osse teen daardie bedrag gekoop om vir produsente te wys as jy ’n os laat loop (en nie vroeg bemark nie), beteken dit vir jou geld in die sak. “Slagos-produsente is aan die uitsterf en ek wil hiermee bewys daar is geld te maak uit slagosse,” sê hy.

Dippenaar sê die twee osse, wat enkele maande verskil het, was 6,5 jaar oud. “Ek kon hulle tot op 8 jaar laat loop het voor ek hulle bemark het, wat beteken hulle sou nog swaarder geweeg het.”

Hy vertel hy het met die Belgian Blues, die breedste beesras ter wêreld, kennis gemaak toe hy ‘n paar jaar gelede in Skotland gaan rugby kyk het.

Dippenaar sê hy was so geïnteresseerd in dié Belgiese beesras, dat hy besluit het om embrios in te voer.

“Die veearts wat met die inplanting gehelp het, het ook toegang gehad tot Chianina-embrios. Chianinas is die hoogste beeste in die wêreld en van die oudste rasse wat daar is. Dit is ’n Italiaanse ras wat aanvanklik as trekosse gebruik is,” vertel Dippenaar.

Hoewel Dippenaar ’n Beefmaster-stoet het, gebruik hy die Chianina- en Belgian Blue-bulle op Beefmaster-tipe koeie in sy kommersiële kudde.

“Omdat beide hierdie rasse grootraambeeste is, vaar hulle as suiwer rasse nie in ons Namibiese omstandighede so goed. Hulle is nie aangepas vir hierdie harde wêreld nie. Daarom gebruik ek hulle as kruisings in my kommersiële kudde.

“Die Chianinas toon ongelooflike groei en lewer uitstekende speenkalwers en slagosse,” sê Dippenaar.

Hy sê hy het die twee osse saam met sy Beefmaster-veilingbulle op die veld afgerond. “Ons meng ons eie WagNou-voer vir veldafronding. Die veilingsbulle het daarop gebly en die twee slagosse het ek die laaste maand op kraal gesit en met WagNou se volvoer verder afgerond.”

WagNou Boerdery het verlede week sy eerste Beefmaster-veiling saam met ander telers aangebied en die bulle het ’n gemiddelde prys van N$52 000 behaal.

Dippenaar sê die Chianinas en Belgian Blues is eintlik sy stokperdjie. “Hierdie rasse is interessant en bring bietjie opwinding op die plaas. ’n Mens kan so maklik moedeloos raak oor die veediefstalle, veldbrande en politiek,” sê Dippenaar. –[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.22 | EUR to NAD 20.03 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.67 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.67 | USD to ZMW 27.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 314.67/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.011 | Zinc US$ 2 892.00/T DOWN -2.1% | Brent Crude Oil US$ 83.08/BBP DOWN -0.0057 | Platinum US$ 964.40/OZ DOWN -0.0145 #N/A