Oranje gevaar uit verre suide
Die Bahnhof Hotel op Aus ondersteun al vir 'n geruime tyd een van die plaaslike sokkerspanne – die Bahnhof-span. Teen die einde van 2019 was dit ná ses jaar nodig om die ou stel truie te vervang, sodat die span in 'n belangrike kwalifiserende wedstryd op Bethanie behoorlik geklee kon deelneem. Die aanskaffing van die nuwe stel truie is deur die Bahnhof Hotel bewerkstellig en die spanlede het as teenprestasie hand bygesit om die dorpsingang van Aus te verfraai. Die span word afgerig deur Cassey Kakisi en die huidige span bestaan uit die volgende spelers: Jacobus Swartz, Wynand Kooitjie, Ernesto Frederick, Kevin Haraëb, Ricardo Swarts, Mathew Namaseb, Alex Murphy, Richard Niklaaste, Harry Kandovazu, Victor Fredriks, Percy Herero, Gerard Goliat, Wynand Rooi en Jason Dietterelé. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie