Opposisie is vol vrae
Opposisie is vol vrae

Opposisie is vol vrae

Die Popular Democratic Movement is op soek na antwoorde oor die nasionale intelligensie­diens, Psemas, TransNamib, die RCC en Air Namibia.
Augetto Graig
Augetto Graig



Die sentrale nasionale intelli­gensiediens het in chaos verval en die moraal onder werknemers is só laag dat hulle selfs verslag daaroor aan die amptelike opposisieparty doen.

Dít volgens mnr. McHenry Venaani, president van die Popular Democratic Movement (PDM).

Dié uitlating is die skokkendste in 'n reeks wat Venaani verlede week oor regeringsprobleme gemaak het.

Die omstandighede by die intelli­gensiediens is ook 'n veiligheidskwessie vir die land, het hy gesê.

“Die staatspresident moet verduidelik hoe twee base een agentskap kan bestuur, wat so noodsaaklik vir die land en sy instansies se veiligheid is,” het Venaani gesê.

Volgens hom veroorsaak lt.genl. Lucas Hangula, voormalige direkteur-generaal van die intelligensie­diens, se teenwoordigheid 'n leier­skaptwis.

Dít nadat president Hage Geingob in 2015 vir mnr. Philemon Malima as sy plaasvervanger by die agent­skap aangestel het.

Venaani sê Hangula verdien dieselfde salaris as Malima en geniet dieselfde voordele.

Wanneer intelligensiebeamptes inligtingsessies vir die ampte­like opposisie begin aanbied, sê Venaani, “weet mens dinge loop nie soos hulle moet nie”.

“Laat mnr. Hangula bedank! Ons verstaan dit nie. Hulle ­kompeteer, die een doen sy werk terwyl die ander 'n salaris vir niksdoen verdien. Dit is nie aanvaarbaar nie. Selfs die permanente sekretaris (mnr. Benedict Likando) weier om af te tree. Hoekom sou hy as Hangula dan nog daar is?” vra Venaani.

“As dinge daar begin vrot, vrot die hele stelsel,” sê hy.

Vrae in dié opsig is na die kantoor van die president verwys, maar dr. Alfredo Hengari, presidensiële woordvoerder, kon gister net sê: “Ja, die kantoor van die president wil graag bevestig dat spesifieke take in die diens aan die voormalige ­direkteur-generaal, Lukas Hangula, toegewys is.”

Dit is ook nie die eerste keer dat Malima en Hangula se aanstellings by die intelligensiediens opslae maak nie.

In Julie verlede jaar het 'n plaas­like weekblad berig oor 'n twis tussen Geingob en Malima wat glo gelei het tot Hangula se geheime heraanstelling en Malima se afdanking.

Kort daarna het mnr. Tjekero Tweya, die destydse minister van ­inligting en kommunikasie­tegnologie, gesê dié berig is bog.

In 'n gesamentlike nuusverklaring deur Tweya, Geingob se kantoor en die kantoor van die prokureur-generaal, toe Sacky Shanghala, is ontken dat die staatspresident Malima ooit gevra het om te bedank.

Venaani het by dieselfde geleentheid 'n verskeidenheid ander kwessies uitgelig wat volgens hom direk van toepassing is op die regering se huidige pogings om geld te bespaar.

Hy sê administrasiefooie vir die staatsmediesefonds (Psemas) word buitensporig verhoog deur 'n klomp permanente sekretarisse en staatsamptenare.

Dit terwyl dokters hulself skuldig maak aan wanpraktyke en te veel geld vra vir dienste wat nog betaal moet word.

“Wat by Psemas gebeur, is die ergste vorm van korrupsie,” het Venaani gesê.

Hy het 'n waarskuwing aan mnr. Calle Schlettwein, minister van ­finansies, gerig.

“Stop die verrotting, of ek doen dit vir jou,” het hy gesê.

Die PDM-leier het ook oor die gebrek aan goeie bestuur by staatsondernemings gekla.

Dit is volgens hom veral kommer­wekkend dat daar vir 700 van TransNamib se meer as 1 500 werknemers nie posbeskrywings is nie, terwyl die spoorwegmaatskappy N$9,6 miljard benodig om die land se spoorlyne te herstel.

“Die RCC het die meeste van Namibië se mense gesteel as mens in ag neem die maatskappy is gestig om klein besighede wat paaie sou bou, te help skep. In plaas daarvan gaan hulle 'n vennootskap met Chinese aan, wat geld uit die land pomp. Dan het hul raad nog die ­vermetelheid om te vra vir 'n ­finansiële inspuiting van N$1 miljard,” het Venaani gesê.

Hy glo ook die enigste roete wat vir Air Namibia finansieel ­volhoubaar is, die een tussen Windhoek en ­Ondangwa is, en dat die lugredery nie sal kan oorleef met die N$774 miljoen wat hulle van die regering gevra het nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026