Oppasser in hof oor kind se dood

Seuntjie se laaste oomblikke geskets

19 June 2017 | Howe
Jacqueline Louw – Me. Emily Muundjua, ma van klein Hope Uhongora wat in 2015 aan erge inwendige beserings dood is, het Vrydag in die streekhof in Windhoek voor landdros Ileni Velikoshi getuig in watter toestand sy haar seuntjie op die dag van sy dood by haar ma se huis aangetref het.
Muundjua het aan die hof vertel sy het die aand van 22 Februarie 2015 haar seuntjie toegedraai in ’n kombers op die sitkamervloer in haar ma se huis aangetref. Hy is hier in die sorg van me. Magdalena Narib gelaat. Sy het opgemerk die kind se asemhaling was nie normaal nie en “asof hy seer het”.
Sy aan Narib gevra wat met Hope verkeerd is. Volgens Narib het die seuntjie vroeër opgegooi. Muundjua het die kind na haar ma se slaapkamer geneem en saam met hom op die bed gaan lê. Hy was egter rusteloos en het rondgerol, het sy vertel. Volgens Muundjua het haar seuntjie met tye geskree wat haar laat dink het dat hy pyn het. Sy het vir merke op sy lyf gesoek, maar niks gevind nie.
Alhoewel hy nie koors gehad het nie, het Muundjua gesien sy toestand vererger. Sy het toe vir haar ma, wat intussen opgedaag het, gesê hulle moet hom hospitaal toe neem, het sy getuig.
“Ek het hom naby my gehou, maar sy hartklop was baie swak,” het sy aan die hof vertel. “Ek het besef hy is besig om dood te gaan en ek het begin huil.” Toe Muundjua se broer vir Hope water gee en hy dit drink, het sy weer hoop gehad dat hy gered kon word, het sy getuig. Met hul aankoms by die Katutura-staatshospitaal het hulle vir Hope aan verpleegsters oorhandig. Die verpleegsters het hom weggeneem en ná ’n ruk vir Muundjua kom sê hy is oorlede. Hy was een jaar en drie maande oud.
Volgens Muundjua het haar ma, me. Francisca Muundjua, vir Narib vertel Hope is dood, maar dat die oppasser nie enige reaksie getoon het nie.
Mnr. Max Lamech, Narib se regsverteenwoordiger, het aan Muundjua gestel die kind is doodgeslaan omdat hy van bloeding as gevolg van ’n gebarste lewer dood is. Sy het geen kommentaar hierop gelewer nie.
Lamech het Muundjua tydens kruisondervraging gekonfronteer oor haar getuienis dat daar geen sigbare tekens van beserings op die kind se lyf was nie. Lamech het dit aan Muundjua gestel ’n dokter het getuig die beserings was wel sigbaar. Lamech het namens sy kliënt aangevoer Narib was nie vir Hope se beserings verantwoordelik nie, maar dat hy beseer is nadat Muundjua by Narib oorgeneem het. Muundjua het hierdie aantygings ontken.
Lamech het verder gesê sy kliënt ontken dat sy die kind beseer het.
Die verhoor is tot 4 Julie uitgestel.

Soortgelyk

 

August Maletzky se saak uitgestel

4 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Mnr. Slyken Makando, regsverteenwoordiger van die lekelitigant, mnr. August Maletzky, het bevestig sy korrupsiesaak is vanoggend tot 20 Julie uitgestel.Daarnaas, sê Makando,...

Stemlyn Maandag oop

16 ure gelede | Gebeure

Vanaf Maandag het almal een SMS-stem om die Klein Dorp van die Jaar vir 2018 aan te wys. Wees gereed om jou steun aan Eenhana,...

Alexia se ouers dagvaar staat vir N$3,2 miljoen

16 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Alexia Keil, die Namibiese kleuter wat in Maart 2017 in die Bwabwata Nasionale Park deur lede van die teenstropingseenheid in die kop...

'Reuseterugslag' sou wetsontwerp nie aanvaar word

16 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Indien die nuwe wetsontwerp op gesondheidsberoepe nie goedgekeur word nie sal dit die “grootste terugslag” vir gesondheid in Namibië wees.Die nuwe wet...

Weer vir 18

16 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar neerslae word in die verre Weste en Suide van die land verwag. Oorstromings kan oor die sentrale en suidelike kus voorkom. BINNELAND: Gedeeltelik...

Vrou (59) tronk toe oor dagga

16 ure gelede | Howe

Denver Kisting'n Inwoner van Rehoboth is die afgelope week drie jaar gevangenisstraf opgelê weens daggabesit – net 'n dag nadat sy aangekeer is.Volgens die misdaadkoördineerder...

Werke ontken verkoop van woonstelle

16 ure gelede | Ministeries

Catherine SasmanDie ministerie van werke en vervoer sê hy het nie regeringswoonstelle verkoop soos beweer word nie, aangesien hy nie die mandaat het om dit...

Wêreld kry eerste byedag

16 ure gelede | Omgewing

Tanja BauseDie getal bestuiwers ter wêreld het met 'n driekwart in die laaste 30 jaar in Europa afgeneem, het ­wetenskaplikes bevind. Die Verenigde Nasies (VN)...

Kuns langs die langpad

16 ure gelede | Mense

Tanja BauseDie hoofpad tussen Rundu en die ­Mururani- veeartsenykundige hek is volgepak met stalletjies wat handgemaakte potte, ­houtsneebeelde en kos wat tans in seisoen is,...