Opleidingsowerheid se bedryfshoof bedank
Die Namibiese Opleidingsowerheid (NTA) het Dinsdag aangekondig dat mnr. Richwell Lukonga as die bedryfshoof van dié entiteit bedank het.
Sy termyn sal op 31 Maart 2021 amptelik tot ’n einde kom, waarna hy ander professionele belangstellings sal verken.
Voor hy op ’n vyfjaarkontrak in Desember 2016 as bedryfshoof aangestel is, het Lukonga in die NTA gedien as bestuurder van nywerheid, rade en betrekkinge en algemene bestuurder van bedrywighede, onderskeidelik.
Die NTA het Lukonga bedank vir sy “ongelooflike bydrae in die groeiproses van die organisasie, spesifiek die waarde wat hy toegevoeg het tot die land se tegniese en beroepsgerigte onderwys- en opleidingsektor.”
Om kontinuïteit te verseker, gaan die algemene bestuurder van tegniese beroepsonderwys en -opleiding (TVET)-regulasies, mnr. Tobias Nambala, tydelik oor die portefeulje van die hoofbestuursposisie waarneem, tot 'n geskikte plaasvervanger geïdentifiseer en aangestel word.
“Die NTA respekteer mnr. Lukonga se besluit en wens hom alle sterkte toe in die toekoms,” lui ’n mediaverklaring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie