Opleiding aan wetstoepassers oor kinderbeskerming

16 June 2020 | Polisie
LJ Scholtz - Die Namibiese polisie sal die regte van kinders, veral kinders in konflik met die wet, te alle tye beskerm.


Dit was die boodskap van die Namibiese polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, gister by die Otjomuise-polisiekantoor tydens die bekendstelling van die opleidingsprogram vir kinderbeskerming en kinders in konflik met die wet.

“Die aanhouding van kinders moet altyd as laaste opsie gebruik word, maar indien kinders aangehou word, moet dit vir die kortste tyd moontlik wees en hulle moet toegang tot hul families hê,” het me. Rachel Odede, verteenwoordiger van die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef), beklemtoon.

Unicef verskaf die finansiële en tegniese steun vir die opleidingsprogram aan lede van die Namibiese polisie, Namibiese weermag (NDF), korrektiewe dienste en Windhoekse stadspolisie tydens die Covid-19-noodtoestand en Operasie Namibwoestyn.

“Hierdie opleiding begin ’n dag voor die Dag van die Afrika-kind onder die tema ‘Toegang tot kindervriendelike geregtigheid in Afrika’. ’n Beroep word op lidlande gedoen om kindervriendelike dienste in die regstelsel te lewer,” het Odede gesê.

“Wetstoepassers het ’n plig om kindervriendelike dienste aan kinders in die regstelsel te verskaf. As pligdraers word ons genoop om kinders met sorg, sensitiwiteit en respek dwarsdeur enige prosedure of saak te hanteer.

“Ons moet ook spesiale aandag gee aan hul welsyn en behoeftes met volle respek vir hul fisieke en sielkundige integriteit, ongeag hul kapasiteit of wettige status.”

Odede sê wêreldwyd is meer as een miljoen kinders in aanhouding.

Sy sê in baie tronke en instellings word kinders en jong mense se regte op mediese sorg, onderwys en individuele ontwikkeling weerhou.

Ndeitunga sê die Verenigde Nasiese se Komitee oor Kinderregte (UNCRC) doen ’n beroep op lidlande om die regte van kinders tydens die Covid-19-pandemie te beskerm.

“’n Beroep word gedoen om inhegtenisneming en aanhouding van kinders tydens die pandemie te vermy, asook om kinders in enige vorm van aanhouding vry te laat en aan hul families terug te besorg,” het Ndeitunga gesê.

“Die opleiding sal die kapasiteit van wetstoepassers versterk in die lewering van kindervriendelike dienste tot voordeel van alle kinders in Namibië.”

Hy sê bewusmaking moet geskep word oor die negatiewe gevolge van die aanhouding van kinders.

“Die voortdurende samewerking en ondersteuning van belanghebbendes is noodsaaklik vir die polisie en vervolgingsgesag om geregtigheid vir slagoffers van geslagsgeweld, geweld teen kinders en mensehandel te verseker.”

Die Dag van die Afrika-kind word jaarliks op 16 Junie herdenk.

Foto Francoise Steynberg

Soortgelyk

 

Min kans vir vlieg na SA

3 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

3 ure gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

3 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

3 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

3 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

3 ure gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

3 ure gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

3 ure gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...

Dagboek vir die landbouer

3 ure gelede | Landbou

Agra ProVision se kursusseAgra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober...