Operasie Kalahari­woestyn stopgesit

02 July 2019 | Polisie
Denver Kisting



Die omstrede teenmisdaadveldtog Operasie Kalahariwoestyn bestaan sedert Sondag nie meer nie.

Hoofinsp. Kauna Shikwambi, 'n polisiewoordvoerder, het dié wending bevestig.

'n Operasie wat eers in Augustus afskop, is glo op die tafel.

Dít kom ondanks pres. Hage Gein­gob en die nasionale polisiebaas, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, se lofliedere vir die veldtog se welslae.

Albei het onlangs benadruk daar sal dadels kom van lede van die publiek en burgerregteorganisasies se versoek om minstens die ­Namibiese weermag (NDF) aan die ­operasie te onttrek.

Die operasie en sy voorganger, ­Operasie Hornkranz, was albei in omstredenheid gehul vanweë die owerhede se beweerde gewelddadigheid.

Sowat twee weke gelede het 'n Zimbabwiese taxibestuurder na bewering aan die hand van 'n soldaat gesterf.

Kpl. Gerson Nakale, die vermeende skieter, was deel van 'n Kalahariwoes­tyn-padblokkade in Katutura toe hy die sneller glo getrek het en mnr. Fambauone Black (22) doodgeskiet het.

Soortgelyk

 

Geen water, krag by 15 skole

3 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Vyftien skole in Windhoek se water en ligte is weens agterstallige betalings deur die Windhoekse munisipaliteit afgesny. Die skuld wat reeds meer...

Droogte spook by akkerbou

3 ure gelede |

Elvira Hattingh - Verwagtinge vir vanjaar se nasionale witmielieoes is van meet af aan kleiner – hoofsaaklik weens verlede jaar se droogteramp. Dit omdat Hardap-akkerbouers...

Corona: Geen beperkings op handel

3 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Teen die einde van dié week sal 20 lande in Afrika, insluitende Namibië, plaaslik toetse vir die coronavirussiekte (covid-19) kan doen. Volgens...

Weer vir 13 Februarie 2020

3 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydpverspreide donderbuie sal in die Suide voortduur.BINNELAND: Sonnig en baie warm in die Weste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloeidg warm...

Geldnood kniehalter regbank

3 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die al groter wordende geldnood in die land lê sommige funksies van die regbank lam.Gevolglik kon streekhowe verlede jaar net 20% van...

Fishrot: Namibië wil weet

3 ure gelede | Regering

Augetto Graig - Die tiende sessie van Namibië se sesde parlement het Dinsdag afgeskop en verskeie vrae oor die internasionale Fishrot-korrupsieskandaal opgelewer.Die land se sewende...

Henties bespreek beweerde rassevoorvalle

3 ure gelede | Gemeenskap

Yandi du Plessis - Hentiesbaai se toerismevereniging het onlangs met die burgemeester en waarnemende hoof van die Hentiesbaai-munisipaliteit, mnr. Herman /Honeb, vergader om voorvalle van...

Twee mans verkrag 15-jarige glo

3 ure gelede | Misdaad

Twee mans het Sondag ’n 15-jarige meisie op Maltahöhe na bewering verkrag. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag het die voorval tussen...

Opnuut spanning by August 26

3 ure gelede | Ministeries

Yandi du Plessis - Die Namibiese Voedsel en ­Verwante Werkersunie (Nafau) het Vrydag namens werknemers van August 26, 'n tekstielonderneming wat aan die Namibiese weermag...