Operasie hou Duane straks uit Leeus-reeks

09 June 2021 | Sport
Cobus Claassen – Duane Vermeulen sal sowat agt weke buite aksie wees en dit is glo “hoogs onwaarskynlik” dat hy teen die Britse en Ierse Leeus sal speel.
Dié ervare Springbok-agtsteman word Woensdag in Kaapstad geopereer nadat hy Vrydagaand op Loftus Versfeld sy enkel in die Reënboogbeker-wedstryd teen die Stormers beseer het.
Die prognose is dat Vermeulen, wat in die Wêreldbeker-eindstryd in 2019 teen Engeland die speler van die wedstryd was, nie voor die eerste week van Augustus weer sal kan speel nie.
Met die eerste toets teen die Leeus wat op 24 Julie in Kaapstad beslis word en die tweede ’n week later in Johannesburg, sal die Bokke ten beste hoop om Vermeulen vir die derde en laaste toets te oorweeg.
’n Ingeligte sê egter dit is hoogs onwaarskynlik dat Vermeulen teen die Leeus sal kan speel.
“Dit is ’n sindesmose-besering, wat ’n speler gewoonlik twee maande van die veld af hou as sy rehabilitasie goed verloop.
“Maar onthou, Duane is 35 en dit sal in sy herstelproses teen hom tel.
“As die Springbokke met 2-0 voor is in die reeks voor die derde toets, sou dit dalk ’n oorweging kan wees om Duane vir die toets te kies, maar hy sal moet hard werk om teen daardie tyd behoorlik fiks te wees.”
Die slegte tyding beteken die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, sal heel moontlik sonder drie staatmakers in die begin-agttal wees wat die Rose in die Wêreldbeker-eindstryd verniel het.
Tendai Mtawarira het sedertdien uitgetree en die slot Lood de Jager is ook op die herstelpad en gaan straks nie vir die eerste toets oorweeg kan word nie.
Marcell Coetzee, wat Vrydagaand sy eerste wedstryd vir die Bulle gespeel het en die kapteinskap by Vermeulen oorgeneem het toe hy in die eerste helfte van die veld af is, behoort nou by die Bok-groep betrek te word.
Coetzee het vir Ulster as agtsteman diens gedoen en is iemand wat – soos Vermeulen – grond toe speel.
Dan du Preez en Jasper Wiese is die ander kandidate in die groep van 46 spelers wat Saterdagaand aangewys is.
Du Preez was die laaste ruk goed op dreef vir die Sale Sharks, maar het nog net vier toetse gespeel, waarvan die laaste in 2018 teen Wallis in Washington.
Wiese het nog nie toetsrugby gespeel nie en sal waarskynlik eers vir die Suid-Afrikaanse “A-span” moet wys dat hy opgewasse vir internasionale rugby is.
Nienaber behoort Dinsdagmiddag op ’n nuuskonferensie meer lig te werp op hoe Vermeulen se besering die Bokke gaan raak.
– Netwerk24


FOTO
Duane Vermeulen word Vrydagaand op Loftus Versfeld van die veld gehelp. Foto Gallo Images

Soortgelyk

 

27 sterftes, 1 649 nuwe gevalle

22 ure gelede | Gesondheid

Die sterftesyfer skiet met nog 27 - nege in Rehoboth, agt in Windhoek, drie in Keetmanshoop, twee in Walvisbaai en een elk in onderskeidelik Karasburg,...

Mental well-being suits us all

2 dae gelede | Mense

DR JOHN STEYTLERMental health is a subject which we are only starting to scratch the surface of in Namibia and it is not talked about...

Diva of finesse and fitness

2 dae gelede | Mense

Jeanette DiergaardtLiezel Ndjaronguru, a 32-year-old businesswoman, allows fitness enthusiasts to bring their best attitude to the table when working out. In 2013 the owner of...

Bonifatius Kantori Paulino is the Managing Director at Alexander...

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Since Paulino joined Alexander Forbes, he spent some time to familiarise himself with the areas of responsibility of the position of...

Streng vereistes vir gebruik van blitstoetse

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) het opgedateerde regulasievereistes vir die verkoop, verspreiding en gebruik van antigen-blitstoetse vrygestel.Die NMRC sê antigeen diagnostiese blitstoetse (Ag-RDT’s)...

Sterftes neem sesvoudig toe

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Covid-sterftes vir Namibië het bykans sesvoudig die afgelope ses maande toegeneem – vanaf 16 sterftes per week in Desember verlede jaar...

'Woestynpsalm' nou in pylvak

2 dae gelede | Byvoegsels

Bosman Films, 'n jong produksiemaatskappy in die Namibiese filmbedryf, het opgewonde aangekondig dat produksie vir hulle eerste film, Woestynpsalm, onlangs afgehandel is. Woestynpsalm is 'n...

High-flyer Samantha Geyser soared to customer service executive at...

2 dae gelede | Mense

Staff reporterSamantha Geyser dreamed of becoming a pilot when she was a young girl. She admired Amelia Earhart for her achievement of being the first...

Gweri Vintage Collection – the brand that keeps on...

2 dae gelede | Mense

Zulu Boy sets the trend for creativity Created by Namibians for international consumption The Gweri Vintage Collection is a brand focused on providing exclusive and...