Opdraande stryd vir handreiniger-besighede

Ingevoerde reinigers voldoen dikwels nie aan NSI-standaarde

23 February 2021 | Sakenuus
Jana-Mari Smith

Namibiese vervaardigers van handreinigers het ernstige kommer uitgespreek oor die plaaslike bedryf wat lamgelê word deur die streng en duur standaarde en hoë invoerregte waaraan hulle moet voldoen, terwyl die mark oorstroom word deur ingevoerde handontsmetmiddels wat nie gesertifiseer is of aan plaaslike standaarde voldoen nie.

Terwyl die ministerie van finansies verlede week gesê het invoerregte en -heffings geld lankal, voer die invoerders aan dat ’n heffing van N$213,13 per liter eers verlede jaar ingestel is, en nie voor Covid-19 van krag was nie.

Invoerders en vervaardigers wys daarop dat etanol ’n goedkoop produk is wat teen ongeveer N$22 per liter verkoop word. Die nuwe heffings maak dié produk te duur om in te voer en plaaslik te verkoop.

“Hulle het ons in Oktober verlede jaar eers ingelig. Hulle sê hulle doen dit om rekord te hou van etanol en dat ons ’n korting kan kry as ons doeanepakhuise oprig,” het ’n bekommerde party gesê, wat verkies om anoniem te bly vanweë die reeds gespanne atmosfeer waarin invoerders en vervaardigers tans die probleem probeer oplos.

“Hierdie hele kwessie is skadelik vir plaaslike besigheid en die ekonomie. Die uitdagings in verband met etanol-invoere wat ons tans in die gesig staar, het daartoe gelei dat kliënte gesê het hulle is nie seker of hulle dit meer kan bekostig om handreinigers te vervaardig nie.

“As ons ons ekonomie in ag neem, kan ons dit nie bekostig om meer plaaslike ondernemings te verloor nie.”

Hy het uitgewys dat hoewel Namibië die huidige ekonomiese toestand betreur, plaaslike vervaardigers en invoerders van handreinigers in ’n opdraande stryd gewikkel is om werk te skep en die land se ekonomie ’n hupstoot te gee.

Hierbenewens het invoerders ook uitgewys dat etanol nie net vir handreinigers gebruik word nie, maar in vele ander vervaardigingsprosesse in Namibië.

STRENG STANDAARDE

’n Besigheidseienaar wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het, het gesê plaaslike vervaardigers moet aan streng standaarde voldoen en moet duur en lang sertifiseringsprosesse nakom – waarvan ingevoerde handreiniger-produkte vrygestel is.

“Niemand inspekteer of keer die verkoop van hierdie goedere nie. Die plaaslike bedryf word dus gestraf, maar niks gebeur met die ingevoerde handreinigers wat ingevoer en oral verkoop word nie.”

Die Nasionale Instituut vir Standaarde (NSI) vereis dat die formulering van handreinigers minstens 80% etanol of 75% Isopropyl-alkohol benodig.

Tydens ’n informele opname oor reinigers wat in apteke en kruidenierswinkels in Windhoek verkoop word, is bevind dat nie een uit die tien verskillende produkte wat getoets is, aan die vereistes vir alkoholinhoud of etikettering voldoen waaraan plaaslike produsente onderhewig is nie. Nie een is geregistreer of by die NSI gesertifiseer nie.

“Op grond van die wetlike vereistes waaraan ons moet voldoen, is die meeste van hierdie ingevoerde produkte in wese onwettig en is dit nie veronderstel om ingevoer te word nie,” het hy gesê.

’n Ander vervaardiger het bygevoeg: “Die sertifiseringsproses is nie vinnig óf goedkoop nie. Daar is ouditfooie en groeptoetsfooie. Ons etiketproses is nóg ’n lang proses. Ek het al telling verloor van die aantal veranderinge wat ons op ons etikette moes aanbring, en dit is nog steeds nie goedgekeur nie.”

Terwyl die maatskappy steeds op finale sertifisering wag, waarvoor reeds verlede jaar aansoek gedoen is, “kom ingevoerde produkte na Namibië, sonder sertifisering of volgens die regering se riglyne, en word vrylik verkoop”.

GEEN ANTWOORDE

Die NSI wou nie gedetailleerde antwoorde gee op die vrae wat geopper is nie.

In ’n bondige reaksie het mnr. Mutonga Matali, woordvoerder van die NSI, bloot gesê die NSI “is op die hoogte van die kwessies rakende die handreiniger-regulasies en alle verwante aspekte wat in jul navrae geopper word, en die gewig wat dit dra. Die NSI sal mettertyd ’n openbare uitspraak hieroor maak.”

Die woordvoerder van die ministerie van finansies, mnr. Tonateni Shidhudhu, sê aksynsbelasting en heffings is nie iets nuuts nie, en dat dit reeds voor die uitbreking van Covid-19 in die Staatskoerant gepubliseer is. Hy het verduidelik die tariewe word deur die SACU-tariefraad bepaal en in die hele streek toegepas.

“Die toepassing hiervan is bloot beklemtoon nadat opgemerk is dat onwettige vervaardigers Namibië se inkomstebelang in die gedrang plaas deur die invoer van etanol vir die vervaardiging van handontsmetmiddels en ontsmettingsmiddels, sonder om by die direktoraat van doeane en aksyns te registreer soos vereis,” het Shidhudhu gesê.

Hy het bygevoeg dat vervaardigers wat etanol wettig invoer, in aanmerking kom vir korting indien hulle volgens die vereistes aansoek doen.

“Basies word aan vervaardigers van handreinigers en ontsmettingsmiddels wat by doeane en aksyns geregistreer is, korting gegee op etanol wat vir produksiedoeleindes ingevoer word."

Plaaslike invoerders sê egter dít wat doeane en ander owerhede sê, is teenstrydig en dat belangrike amptenare moeilik bereikbaar is sodat die saak opgelos kan word.

“As belanghebbendes is ons baie bekommerd dat ons geen hulp of steun ontvang nie, en daar is baie verwarring. Op die oomblik het ons geen idee hoe om hierdie uitdagings aan te pak nie. Namibiese besighede kan hierdie nie bekostig nie.”

[email protected]

Soortgelyk

 

Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan "onder die beste...

1 uur gelede | Gesondheid

Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan teen Covid-19 is deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) as "een van die beste in die wêreld" beskryf. Volgens die minister van...

N$583 miljoen vir Namibië se Covid-19 Ontplooiings- en Immuniseringsplan...

1 uur gelede | Gesondheid

Die totale voorgestelde begroting vir Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan vir Covid-19-entstowwe is N$583 miljoen waarvan N$484,8 miljoen vir die aankoop van die entstowwe is....

Covid-19-regulasies geld tot 31 Maart

2 ure gelede | Gesondheid

Pres. Hage Geingob het pas by Staatshuis aangekondig die huidige Covid-19-maatreëls geld vir die volgende 36 dae vanaf middernag tot 31 Maart (Onafhanklikheidsdag op 21...

Knopvelsiekte breek in Omaheke uit

3 ure gelede | Landbou

Knopvelsiekte het by Eiseb in die Omahekestreek uitgebreek en die beweging van beeste in dié gebied is tot verdere kennisgewing opgeskort.Volgens dr. Albertina Shilongo, hoof-veeartsenybeampte...

Metro spoils its customers

4 ure gelede | Plaaslik

Metro Namibia celebrated its birthday in style once again by spoiling five lucky customers each to a trailer of their own, stocked with N$5,000-00 worth...

Vrou woon in haar motor by hospitaal

13 ure gelede | Mense

Henriette Lamprecht – 'n Bejaarde vrou van die kus woon die afgelope week in haar motor in die parkeerterrein van 'n staatshospitaal in Windhoek om...

Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker

13 ure gelede | Vervoer

Francoise Steynberg – Altesaam 77 vlieëniers van Air Namibia se toekoms is onseker. Boonop het bykans 75% van die redery se vlieëniers se lisensies verval...

Ses damme voller as 100%

13 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl altesaam sowat ses Namibiese damme tans 100% of meer water bevat, oorstroom die Zambezirivier sy walle, met water wat in die...

Weer vir 24 Februarie

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word in Ohangwena, Oshikoto, Otjozondjupa en Omaheke verwag. BINNELAND: Sonnig en warm in die Suide en Weste, andersins gedeeltelik bewolk en baie...