Op waarheid se spoor
En daar kry kolonialisme, en by implikasie apartheid, toe weer minstens deel van die skuld vir vandag se probleme.
“Afrika se koloniale spoorweë is gebou volgens die laagste moontlike standaarde,” het die agbare adjunkminister van werke en vervoer, mnr. James Sankwasa, by die Walvisbaai-korridorgroep se jaarlikse gesprekforum aangevoer.
Mnr. Sankwasa se opmerking is dalk nie onwaar oor ander Afrika-state nie, maar vele sal die waarheid hiervan vir Namibië betwis.
Alle Namibiërs stem saam oor die groot belang om die land se spoorstelsel op die standaarde te kry waarmee dit die plaaslike en streeksekonomie beter kan ondersteun en stimuleer. Maar die realiteite van die afgelope 28 jaar – die ware oorsake van die betreurenswaardige stand van spoorvervoer – moet nie goedsmoeds onder die mat ingevee word nie.
Dekades se gebrek aan onderhoud en sistematiese verbeteringe moes sy tol eis. Saam met jare se bestuursprobleme en opeenvolgende paleisrevolusies by die nasionale karweier, TransNamib, wat die sleutelinstelling verlam het om sy mandaat uit te voer.
Chinees gefinansierde kitsoplossings was geen redding nie. Inteendeel, op ou laas moes na Suid-Afrika teruggekeer word vir lokomotiewe wat die werk kan doen.
Trots spog ons steeds met die noordelyn na Oshikango. Wat was die opbrengs op die belegging? Terwyl die belangrikste sentrale lyne verval het.
Mag Namibië se spoorplan slaag. Maar moenie die waarheid se spore laat toewaai soos die Namibsand met die lyn by Lüderitz doen nie.
So sê ander
18 Julie 2018
Beeld, Die Burger en Volksblad sê
In sy huldeblyk ná die dood van Mandela in 2013 het wyle Ahmed Kathrada iets gesê wat vandag ewe veel van toepassing bly:
“In death you once more challenge people . . . to think about how their own actions do and can change the world for better or worse.”
Hopelik is daar iets hiervan te sien in die wyse waarop pres. Cyril Ramaphosa sy eerste ampstermyn met die belofte van ’n terugkeer na die Mandela-waardes begin het.
Mandela laat ons met ’n morele kompas waarop elkeen kan peil trek oor wat die regte ding is om te doen. Veral met ’n verkiesing wat voorlê is dit belangrik dat gewone Suid-Afrikaners ook konkrete inhoud aan die Madiba-waardes gee.
Soveel te meer bly ons vandag dit aan mekaar verskuldig om duideliker te praat, mooier te luister en beter te probeer verstaan – die waardes wat Madiba so duidelik versinnebeeld het.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie