Op jul merke, gereed, braai!
Nuwe inskrywings word daagliks vir die Shoprite Checkers “Dis Braaityd!”-kompetisie ontvang. Hierdie foto is Saterdag by die Eros Rolbalklub in Windhoek geneem. In die kiekie is Sandy Joubert, John Hawthorne, Sheena du Toit, Freddie Fouche, Ewald Vermeulen, JJ Joubert, JP Fouche, Lesley Vermeulen, Johan en Marlene Louwrens en Cecile Fouche. Stuur asseblief onlangse en nuwe foto's. Die drie kiekies wat in die eindronde die meeste “likes” ontvang, sal inkopiebewyse ter waarde van onderskeidelik N$7 500, N$5 000 en N$2 500 wen. Laat waai met 'n braai en stuur jou foto met WhatsApp na 0811 7000 10. Vertel ons wie is in die foto, asook wanneer en waar dit geneem is. Inskrywings sluit op 21 Maart 2018.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie