Op die spoor van Kavango se olieboor

'n Span van Namibia Media Holding het verlede week 'n Kanadese prospekteringsmaatskappy se staanplek in die Kavango besoek en met lede van gemeenskappe in die streek en omgewing gesels.
Frank Steffen
Frank Steffen – 'n Soektog na olie- en gasbronne in die omgewingsensitiewe Okavango Delta is al vir maande in die visiere van groen organisasies en ander burgerlike bewegings wat glo dat die ontginning van sulke bronne in die gebied rampspoedig sal wees.

Gesprekke met die plaaslike gemeenskap, wat direk hierdeur geraak word, spesifiek in die gebiede rondom Ncaute, Makandia, Kawe, Shakambu en Mbambi in Kavango-Wes, het gemengde reaksie uitgelok. Sommige mense is gekant teen die Kanadese maatskappy Reconnaissance Energy Africa (ReconAfrica) se eksplorasiewerk, en ander ondersteun die ontwikkeling omdat dit voorspoed na die streek kan bring.

Die knyptang van werkloosheid, wat oral in Namibië gevoel word, is vir vele 'n bepalende faktor.

Mnr. Andreas Mawano se opstal is gedeeltelik deur ReconAfrica opgeëis om hul boorinstallasie by Kawe op te rig – enkele honderde meter weg van die berugte houtkap- en verwerkingsgebied van die Chinese sakeman en eienaar van die maatskappy New Force Logistics, mnr. Xuecheng Hou.

“Ek is nie ingelig dat ek deur hierdie ontwikkeling geraak sou word nie; my grond is net eenvoudig gevat,” voer Mawano aan.

Intussen is hy volgens hom nie weer deur hoofman Johannes Kangoro van Ncaute gekontak nie, wat hom vroeër aangesê het om dinge te aanvaar soos dit is. ReconAfrica het volgens Mawano “'n week of wat gelede” in sy afwesigheid met sy vrou gepraat en haar vertel die oliemaatskappy het kennis geneem van mediaberigte oor die kwessie.

Me. Claire Preece, die woordvoerder van ReconAfrica, sê die maatskappy en sy prokureurs het met Mawano vergader om 'n oplossing te vind. “Sy seuns is daarvan oortuig dat mense mnr. Mawano verwar deur hom verkeerde inligting te gee,” het sy gesê.

Mawano se mahangu-veld maak deel van die boorperseel uit en hy moet sedertdien deurentyd met die geraas van die boordery saamleef.

GEKRUISTE LYNE

Die Kawe-boorplek is geleë naby Omuramba Omatako, wat vanaf die Omatakoberge in Sentraal-Namibië deur die Omahekestreek tot in die Kavangostreek vloei, waar dit reënwater na die Kavangorivier lei.

Mnr. Max Muyemburuko, voorsitter van die Streekbewarings- en Gemeenskapsbosbouvereniging vir Kavango-Wes en -Oos, het kommer uitgespreek oor die uiters giftige chemikalieë wat tydens die boorproses gebruik word. “In teenstelling met wat minister Pohamba Shifeta van omgewing, bosbou en toerisme gesê het, gebeur die tweede boorprojek by Mbambi in die middel van 'n gemeenskapswoud waar olifante nog steeds rondloop.”

Preece stem nie saam met hierdie stelling nie en hou vol die kwessie moet aangespreek word aangesien daar 'n tegniese punt is wat bewys die boorgebied maak nie deel van 'n bewaringsgebied uit nie.

“Ons fokus was aanvanklik op alles wat met so 'n projek verband hou, maar volgens ons nuutste voorleggings sal geen onkonvensionele produksie plaasvind nie. Die boortoring is nie vir hidrobreking gemaak nie,” het Preece gesê.

Sy het verduidelik dat konvensionele metodes die makliker – en meer winsgewende – manier is om olie te ontgin. Streng omgewingswette en petroleumregulasies sal volgens ReconAfrica verseker Namibië ly nie skade nie.

Preece het verduidelik geen plastiek is in die slykputte nodig nie omdat hulle gebruik maak van 'n “watergebaseerde modderstelsel, wat omgewingsvriendelik is”. Die modder kan hergebruik word en byvoorbeeld later vir landboudoeleindes as kunsmis aangewend word.

“Ons het die water getoets en NamWater het dit goedgekeur,” het Preece gesê.

Sy was egter nie bereid om hidrobreking heeltemal as ‘n opsie te verwerp nie. Sy het bloot gesê geen “onkonvensionele ontginning" sal plaasvind nie.

Preece hou vol mense word waningelig. Terwyl die omgewingsimpakstudie (EIA) wetlik konsultasie vereis het, is die voortdurende betrekking van, en kommunikasie met belanghebbendes 'n ander benadering wat ReconAfrica volgens haar strykdeur volg. “Namate mense mettertyd begin verstaan, glo ons hulle sal ophou om ons planne te verwerp,” het sy gesê.

ReconAfrica sal volgens Preece voortgaan om in die plaaslike taal te kommunikeer, te onderrig en inligting visueel oor te dra.

EERDER DOOD AS WERKLOOS EN ARM

Muyemburuko het gesê hoofman Kangoro benader die moontlikheid om deur besoedelde grondwater vergiftig te word baie pragmaties.

“Hy het vir my gesê hy sal eerder van vergiftiging wil doodgaan as van honger. Hy en sy mense ly elke dag honger en daarom sal hy na elke kans gryp wat moontlik werksgeleenthede en 'n bietjie verligting in terme van armoede kan inhou.”

By die Ncaute-nedersetting is hierdie sentiment deur sommige inwoners bevestig, terwyl ander meer skepties was.

“Hulle het ons aangesê om te kom registreer om as informele arbeiders te kwalifiseer, maar daar het niks het van gekom nie," het een gemeenskapsleier gesê. "Van die 50 mense wat hulle as kokke en skoonmakers in diens het, is drie in vaste diens.

"Een is die seun van die hoofman en die ander twee ook familie van hom. Niemand uit hierdie nedersetting is al in diens geneem nie,” het hy beweer. Die bron wou anoniem bly uit vrees vir vergelding.

Mense wat werk gekry het, word glo gedreig hulle sal afgedank word as hulle met buitestaanders oor die projek praat of negatief daaroor is.

Mnr. Rob Parker, wat by die omgewingsombudsman in Kanada klagte teen die projek ingedien het, sê hy het iets soortgelyks ervaar.

“Die mense het hulle kommer uitgespreek dat hulle dopgehou word en dat hulle vir hulle lewe vrees,” het Parker verduidelik. Alle vergaderings is blykbaar ook in Engels gehou.

Slegs “mense met konneksies” is glo aangestel.

Die 47 mense wat in diens geneem is, bly volgens bronne vir 14 dae op een plek en nie almal kom uit die Kavango-omgewing nie.

In 'n poging om nie 'n toestroming van mense na Ncaute te veroorsaak nie, is mense blykbaar meegedeel dat afgesien van die boorgate by Kawe, Mbambi en later Ncushe, 'n vierde in die omgewing van die Uukwangali-stam sal volg.

In reaksie op navrae oor indiensneming het Preece gesê ReconAfrica wou inwoners uit die gebied in diens neem in 'n poging om regverdig teenoor almal te wees, maar hulle moes ook gehoor gee aan 'n versoek van Namcor om studente en kundiges in Namibië in te span. Die mense sal volgens haar nie noodwendig altyd inwoners van die gebied wees nie.

GEEN KEER?

Sommige mense glo die besluit om 'n soektog na olie in die Kavango toe te laat, kan nie omgekeer word nie, “aangesien die regering die projek reeds goedgekeur het”.

Die meeste mense het die mediaspan ingelig hulle is eers geraadpleeg nadat die boor reeds op die terrein aangekom het. Die meeste het vertel hulle is eers in Februarie vanjaar by gesprekke betrek.

Sommige het gesê hulle het al in Mei 2020 van die projek gehoor, maar is nie deeglik oor die moontlike impak ingelig nie.

“Hoe moet ons weet wat die impak op die omgewing gaan wees? Ons weet nie. As julle wil weet, moet julle met ReconAfrica of die regering praat,” het hierdie inwoners gesê.

Hoofvrou Ngila Ngonde se uitnodiging om na die Mbambi-gemeenskap te luister (slegs 'n paar kilometer van die nuwe boorplek en ongeveer 12 kilometer buite Kawe) het glo vinnig in chaos ontaard toe 'n plaaslike politikus en skoolhoof die mense aangeraai het om nie met die media te praat nie omdat “die regering reeds ‘n besluit geneem het”.

Verskeie mense vrees die regering sal hulle van ontwikkelings- en werksgeleenthede uitsluit as hulle hul ontevredenheid oor olie-eksplorasie sou uitspreek.

Mense van die Shakambu-nedersetting het gesê hulle is nooit genader nie en beslis nie geraadpleeg nie, ook nie deur die hoofman nie.

Sekere hoofmanne het gekla hul mense is nie geken nie. Volgens een leier was die uiteinde as volg: “Ons politieke verteenwoordigers het ons bekommernisse bloot geïgnoreer en die projek goedgekeur.” Dié redenasie is twee keer beaam.

“Dit skep 'n kommunikasiegaping wat misbruik word deur die politici en ReconAfrica,” het 'n vrou in Makandia opgemerk.

ALTYD MEER FEITE NODIG

Hoofman Damian Hausiku en sy seun Hubert van Makandia is redelik goed ingelig, maar selfs hulle sê nog meer inligting is nodig.

Hulle sê hulle het van die oliesoektog gehoor toe hulle in Mei verlede jaar ‘n voedselskenking van ReconAfrica ontvang het.

“Ons het in Februarie vanjaar ‘n vergadering bygewoon toe julle ook jul vergadering in Windhoek gehad het. Ons is nie ten gunste van of teen die projek nie. Ons is beslis ten gunste van ontwikkeling wat werksgeleenthede aan ons mense bied,” het Hubert verduidelik.

Hy en sy pa sal eksplorasie goedkeur wat tot konvensionele ontginning lei, “indien hulle die voeringpyp van die boorgat behoorlik en veilig afsluit”, maar hulle is nie ten gunste van hidrobreking nie.

Aqua Drilling is besig om drie watergate vir die plaaslike gemeenskap te boor nadat daar by Kawe 108 meter diep vir water geboor is. “Op die nuwe perseel by Mbambi is ons aangesê om 260 meter diep te boor, aangesien hulle baie water sal nodig hê”, het een van die werkers op 'n perseel naby Kawe verduidelik.

'n Plaaslike afvalverwyderingsmaatskappy voorsien uit die Kavangorivier ekstra water aan die boorperseel.
[email protected]


FOTO’s
Mnr. Andreas Mawano wys na die olieboor wat in die agtergrond bo die boomtoppe en gras uitrys.

ReconAfrica se olie-eksplorasieboorgat by Kawe. Foto's Frank Steffen

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.81/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.92% | Zinc US$ 2 903.60/T UP 1.73% | Brent Crude Oil US$ 89.03/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 913.67/OZ DOWN -0.0024 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.81/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.92% | Zinc US$ 2 903.60/T UP 1.73% | Brent Crude Oil US$ 89.03/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 913.67/OZ DOWN -0.0024