Op die leeuspoor ná slagting by die Witvrou

'n Span van die ministerie het hul soektog na twee vuilbaarde voortgesit nadat hulle Maandagaand opgemerk is.
Des Erasmus
Des Erasmus - Nkosi, die diereryk se koning van die Ugabvallei, en sy vrou, die parmantige Cheeky, is die hoofverdagtes in die slagting van die Brandberg White Lady Lodge vroeg Maandagoggend.

Dié twee maanhare word verantwoordelik gehou vir die dood van 172 skape in ‘n kraal skaars 100 m van die naaste woonstel van die toeristekompleks af.

Van die 172 skape is net twee opgevreet en die res is vermink en oor die kraal gestrooi wat met netwering teen aanvalle deur roofdiere beskerm word.

Toe personeel en wagters vroeg Maandagoggend op die grusame toneel afgekom het, het van die skape nog geleef, maar was só beseer dat hulle van kant gemaak moes word.

Nkosi is ‘n pragdier met swart maanhare en ‘n skoon gesig sonder letsels.

Die twee is ou bekendes in die vallei wat ‘n heenkome aan leeus bied wat by woestyntoestande aangepas is.

Gister het ‘n span van die ministerie van die omgewing en toerisme hul soektog na die twee leeus voortgesit ná ‘n eerste waarneming Maandagaand toe die “egpaar” op ’n afstand van sowat 90 m raakgeloop is, maar weggekom het voordat ‘n verdowingspyl gevuur kon word.

Dr. Flip Stander, van die leeunavorsingsprojek, en mnr. Izak Smit, wat vir sy projek vir leeubewaring en die uitskakeling van konfliksituasies tussen mens en dier bekend is, was ook gistermiddag op die toneel van die slagting.

Die bestuurder van die Brandberg White Lady Lodge, mnr. Tertius Roos, en mnr. Aubrey de Jager, voorheen in beheer van die herberg en nou van Hentiesbaai, het gister die geweld van die aanval aan Republikein beskryf.

Een van die sterk pale wat die netwerk om die kraal staande hou, is met die aanslag omgeruk. Dit het die net op ‘n plek laat val en inkomkans aan die leeus gegee.

Van die skaapkarkasse het kwalik letsels of krapmerke gehad, iets wat daarop dui dat die dood ná ‘n enkele slag deur ‘n kragtige voorpoot ingetree het. Die snye op die blaaie van ander het gewys waar die leeus houe met die voorpote ingekry het.

'SPOOR GROTER AS HAND'

Roos het gesê dié geweste ken die twee leeus, maar daar was nog nie konfliksituasies nie. De Jager het op sy beurt gesê bloot die spoor van Nkosi, wat groter as ‘n man se hand is, dwing gesag af.

Smit het gesê aanduidinge is in die stadium dat asiel aan die twee leeus in die Ugabvallei gegee gaan word. Streng voorwaardes gaan wel gestel word, soos die dra van nekbande waarmee hul bewegings gemonitor kan word.

Kommunale boere sal ook gevra word om groter sorg oor dwalende donkies as maklike prooi in die gebied uit te oefen.

Smit sê daar is nog heelwat wild in die omgewing, maar droogtetoestande kan die leeus tot mak diere soos skape, bokke en donkies dryf.

Oor die 172 skape het mnr. Cobus de Jager, die oorspronklike stigter van die Brandberg White Lady Lodge, gesê die kudde het as vleisstapel vir die herberg gedien. Hy het die 172 skape suid van Mariental teen N$1 000 per kop op die aftel gekoop.

Die skape is van ‘n ras wat spesiaal vir droogtetoestande ontwikkel is.

Hy het ook bevestig die “skoon vleis” van die skape is na Uis en ander omliggende gebiede versprei.

Intussen is gister bevestig dat mnr. Naudé de Jager, ‘n sakeman met 40% van die aandeelhouding in die herberg, van Kaapstad op pad na Uis en Brandberg is waar hy teen die naweek verwag word.

MINISTERIE REAGEER

“Hoewel ons besorg is daaroor dat so baie skape deur wilde diere in een nag afgemaai is, is ons geskok dat die lodge-eienaars vee in ’n toeristegebied en baie naby aan die lodge aanhou,” het die woordvoerder van die ministerie, mnr. Romeo Muyunda, laat gistermiddag in ’n nuusverklaring gesê.

Die Nasionale Erfenisraad van Namibië het gister beveel dat die Brandberg nasionale erfenisgebied weens die leeus in die gebied tot verdere kennisgewing ter wille van alle besoekers en stappers se veiligheid gesluit word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.38 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.19/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 827.10/T DOWN -0.96% | Brent Crude Oil US$ 88.83/BBP DOWN -0.0008 | Platinum US$ 910.63/OZ DOWN -0.0057 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.38 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.19/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 827.10/T DOWN -0.96% | Brent Crude Oil US$ 88.83/BBP DOWN -0.0008 | Platinum US$ 910.63/OZ DOWN -0.0057