Oorsaak van brand ‘onbekend’
’n Gesin aan die kus is besig om hul toekoms weer op koers te kry ná hul huis in puin gelê is.
Iréne-Mari van der Walt op Swakopmund - Terwyl ’n Swakopmundse gesin skarrel om weer op hul voete te kom ná hul huis in ’n brand verwoes is, is die oorsaak van dié brand steeds nie bekend nie.
Dít volgens ’n verslag van mnr. Adri Goosen, hoof van die Swakopmund-munisipaliteit se brandbestrydingsdienste.
Me. Mareli Grobler, ’n ma van drie, se huis in Vineta op dié kusdorp is Saterdag deur vlamme verswelg.
Goosen het bevestig die brandbestrydingsdienste is omstreeks 18:08 na die huis ontbied, en dat ses brandbestryders 14 minute later op die toneel was.
Bespiegeling onder inwoners oor die moontlike oorsake van die brand sluit in dat die huis se bedrading foutief was, of dat Grobler se kleuters, Zara (5) en Xavier (4), dit kon veroorsaak het terwyl sy geslaap het.
“Die gerugte is eenvoudig onwaar. Ek en twee van my kinders was almal in een kamer. Hulle het my nie kom wakker maak nie; ek het wakker geskrik toe ek glas hoor breek,” sê Grobler.
Intussen het lede van die gemeenskap hul harte vir die gesin oopgemaak.
Hands of Hope en Azaria Restoring the Faith het ingespring om te help.
Volgens me. Lindie Barnard van Hands of Hope en me. Ilanza Klein van Azaria Restoring the Faith het die gemeenskap uit hul pad gegaan om bystand aan die gesin te verleen.
“As die gemeenskap nie gehelp het nie sou ek nie die mas kon opkom nie. Ek het nie eens tyd om my te bekommer oor die feit dat ons ons huis verloor het nie. Almal is besig om te help. Dit is absoluut wonderlik,” sê Grobler.
Haar oudste dogter, Tiana, was op Hentiesbaai tydens die voorval.
Sy het volgens Grobler gister (Woensdag) by NamWater op Okahandja aangemeld vir haar eerste jaar van naskoolse opleiding.
Zara was gister een van duisende graad eens wie se laerskoolloopbane afgeskop het.
“My dogters is tans my eerste prioriteit. Sodra Tiana haar voete op Okahandja vind en Zara by die skool gevestig is, sal ek weer ons lewens begin opbou,” sê Grobler.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie