Ooievaar speel Vader Kersfees
Kersbabas landswyd gebore
Augetto Graig en June Shimuoshili - Die ooievaar het die afgelope Kersfees landswyd Vader Kersfees gespeel.
Vanjaar is die meeste Kersbabas by die Onandjokwe-staatshospitaal op Oniipa, in Oshikotostreek naby Ondangwa, gebore.
'n Volle 26 nuwe lewens het op Kersdag hier 'n aanvang geneem het.
Die tweede besigste kraamsaal in die land was Maandag dié van Oshakati se staatshospitaal waar 15 babas gebore is.
Op Walvisbaai is drie Kersbabas gebore. Twee seuns en een dogter is in Walvisbaai se staatshospitaal in die wêreld gebring.
Me. Elmarie Howases het om 10:58 die lewe aan haar dogtertjie geskenk. Sy en mnr. Reinhold Matsuib is die trotse ouers van 'n gesonde baba wat by geboorte 3,3 kg geweeg het.
Me. Hendrina Lukas en mnr. Nanghonda Trianus het om 11:27 hul seuntjie van 5,1 kg ontvang.
Hy is deur middel van 'n keisersnee gebore en dit gaan goed met ma en seun.
Me. Virginia Platt en mnr. Adrian Mathys het om 15:00 hul dogter, Eshan, vir die eerste keer ontmoet.
Sy het die skaal by 2,7 kg laat trek.
Geen babas is in die dorp se Welwitschia-hospitaal gebore nie.
Op die nabye Swakopmund is vier babas op Kersdag by die staatshospitaal gebore.
Suster Veronica Angula van die kraamsaal sê: “Al die babas en hul moeders is 100% gesond.”
Op Otjiwarongo is vyf babas gebore. 'n Verpleegster by dié staatshospitaal se kraamsaal, me. Yolanda Geises, het gister aan Nampa vertel hoe sy tussen 09:50 en 19:30 met vier geboortes moes help.
Volgens haar het 'n 38-jarige vrou by die huis geboorte gegee en die baba hospitaal toe gebring vir 'n roetine-ondersoek.
Die vyf babas wat by dié hospitaal gebore is, het almal tussen 2,79 kg en 3,31 kg geweeg.
Geises sê 'n gesonde baba weeg minstens 2,5 kg by geboorte.
Me. Peneyambeko Alfeus, een van die ma's, het gesê sy was gelukkig om haar babadogtertjie op Kersdag te ontvang, 'n dag wat deur baie as die geboorte van Jesus Christus gevier word.
“Ek het nie woorde om my geluk te beskryf nie,” het sy gesê.
Me. Maria Paulus, wat ook 'n dogtertjie gebaar het, sê dit was God se wil dat sy 'n gesonde baba op Kersdag kry.
In Windhoek het 36 babas die lewenslig aanskou.
By die Windhoek Sentrale Hospitaal is 16 Kersbabas verwelkom. Verpleegsters van die hospitaal se kraamafdeling was trots daarop dat hulle 11 babas tussen middernag en halftwee die middag kon
verlos.
Matrone Sophia Ruhl sê die eerste Kersbaba, 'n dogtertjie, is Maandagoggend sowat vyf minute voor een gebore met 'n gesonde gewig van 2,45 kg.
“Nog 'n geboorte het om 11:43 en 11:45 plaasgevind toe 'n Nigeriese vrou 'n tweeling, 'n seun en 'n dogter, ryker geword het,” het Ruhl gesê.
Sy het bygevoeg die dogtertjie het 2,26 kg geweeg en die seuntjie 2,36 kg. By Windhoek se Rhino Park Private Hospitaal is drie babas op Kersdag gebore, en by Katutura-staatshospitaal het 17 nuwe lewens die lig gesien.
Ander hospitale waar babas op Kersdag gebore is, sluit in twee op Keetmanshoop, een op Tsumeb, twee op Omaruru, een op Usakos, een op Grootfontein,
twee op Omuthiya en drie op Gobabis. – Eie berig en Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie