Ooggetuie vertel van gru-ongeluk
’n Windhoeker het gister in die moordverhoor van mnr. Jandré Dippenaar in die streekhof op Swakopmund getuig.
Jacqueline Louw - ’n Sigbaar bewoë me. Antonia Joschko en familie van die mense wat in 2014 in ’n kop-teen-kop-botsing naby Hentiesbaai gesterf het, het gister die getuienis van me. Hazel Oosthuizen, ’n ooggetuie, gehoor.
Oosthuizen het voor landdros Gaynor Poulton getuig dat haar vriendin se seuntjie die oggend van 29 Desember 2014 verongeluk het en dat sy en haar man haar vriendin se ouers op die Walvisbaai-lughawe gaan haal het. Hulle was op pad terug na Hentiesbaai toe Dippenaar se motor kort agter hulle gery het. Sy het getuig dat hy skielik erg versnel en by hulle verbygery het. Volgens haar het die bestuurder beheer verloor oor die Toyota FJ Cruiser en heen en weer oor die pad beweeg.
“Die volgende oomblik het hy teen ’n bult aan die regterkant van die pad gery – dit was ’n blinde kol. Mens kon nie sien wat aankom nie.”
Oosthuizen het voorts aan die hof vertel hoe hulle die botsing tussen die Toyota FJ Cruiser en ’n aankomende Ford Ranger sien gebeur het toe hulle verby die blinde kol was en oor die bult kon sien. Sy het verder getuig dat die Ford Ranger gerol het en dat die ongeluk aan die verkeerde kant van die pad gebeur het.
“Ek was verskriklik ontsteld. Ek was woedend, want soos wat ek alles gesien en ervaar het, ek was honderd persent seker die ongeluk kon vermy gewees het,” het sy getuig. “Ek het geen jammerte gevoel nie, net woede. Ek het geweet dit was ’n onnodige ongeluk.”
Oosthuizen het verder getuig dat haar man en nog ’n persoon Dippenaar uit sy voertuig getrek het. Haar man het bo-oor Dippenaar gestaan en hard geskree: “Jy’s gesuip, jy’s gesuip!”
Sy het ook getuig sy is van mening die ongeluk sou nie plaasgevind het nie as Dippenaar teen die spoedperk van 100 km per uur soos aangedui vir daardie deel van die pad gery het. “Die spoed was te vinnig – en hy was aan die verkeerde kant,” het sy gesê.
Joschko, wat by gister se hofsitting was, het gesê sy woon die hofsaak by sodat sy kan hoor wat die ander getuies getuig. “Ek wil nie hê mense moet dink my pa het die ongeluk veroorsaak nie,” het sy aan Republikein gesê.
Adv. Louis Botes, wat namens Dippenaar optree, het dit aan Oosthuizen onder kruisverhoor gestel dat haar verklaring wat sy oor die ongeluk gemaak het, ’n spieëlbeeld van haar man, Paul Oosthuizen, s'n was. Oosthuizen het geantwoord dat sy en haar man die ongeluk saam gesien en ervaar het.
Joschko het haar hele gesin verloor in die ongeluk wat op 29 Desember 2014 sowat 12 km buite Hentiesbaai plaasgevind het. Haar ouers, mnr. Walter Helmut Joschko (48) en me. Stephanie Dorothea Schemick-Joschko (49), asook haar ouer suster, Alexandra Joschko (19) het gesterf in die botsing met die voertuig wat Dippenaar bestuur het.
Dippenaar en die 19-jarige Joschko, wat saam met haar gesin uit Duitsland in Namibië op vakansie was, is die enigste oorlewendes.
Die drie passasiers wat saam met Dippenaar in die Toyota FJ Cruiser was, was mee. Dinah Lavinia Pretorius (30) van Gobabis, Charlene Charne Schoombe (24) van Windhoek en mnr. Jan Carel Horn (27).
Dippenaar staan tereg op ’n klag van roekelose en nalatige bestuur met ’n alternatiewe klag van onbedagsame bestuur, ’n klag van bedrog met ’n alternatiewe klag van verskaffing van valse inligting, ’n klag van bestuur sonder ’n rybewys en ses klagte van moord.
Die verhoor duur vandag voort.
Me. Faith Chiperera-Nyaungwa verteenwoordig die staat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie