Ontspanningsoorde kort lewensredders
Die gemeenskap vra waarom lewensredders by openbare swembaddens teenwoordig is, maar nie by ontspanningsoorde nie.
Maria Eiseb - Namibian Wildlife Resorts (NWR) se ontspanningsoorde is nie veilig nie.
Dít volgens vakansiegangers wat ná die afgelope feesseisoen op lewensredders by dié oorde aandring - veral in die lig van die drie mense wat by die Von Bachdam verdrink het, asook talle ander verdrinkings.
Dit is vir die gemeenskap moeilik om te verstaan dat daar lewensredders by openbare swembaddens is, maar nie by die NWR se ontspanningsoorde nie.
’n Inwoner van Okahandja sê: “Dit is dan net so gevaarlik soos by ’n swembad. Die moontlikheid bestaan steeds dat iemand kan verdrink. Hoekom word dit nie voorkom nie? Enigiets kan gebeur en daar is niemand om jou te help nie.”
Volgens mnr. Digu ||Naobeb, hoofbeampte van die Namibiese Toerismeraad (NTB), is hulle verantwoordelik vir kliënte se veiligheid.
“Ons wat die diens verskaf, is verantwoordelik vir die veiligheid van die mense - al teken hulle vrywaringsvorms.
“Mense swem dikwels op eie risiko, maar solank hulle vir die diens betaal, is ons vir hulle verantwoordelik.
“Dit is deel van die diens wat ons lewer, maar Namibiërs hou mos daarvan om swak diens te lewer,” het hy gesê.
||Naobeb het gesê hoewel die NTB nie alleeneienaars van die Von Bachdam is nie, is kliënteveiligheid steeds die diensverskaffer se verantwoordelikheid.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie