Ontdek Namibiu00eb in 'n dag
Ontdek Namibiu00eb in 'n dag

Ontdek Namibië in 'n dag

Die Namibië Toerismeraad het ''n opwindende veldtog vir aktiwiteite in die feesseisoen bekend gestel.
Francoise Steynberg
Met die Desember-vakansie om die draai, het die Namibië Toerismeraad (NTB) ''n aktiwiteite-veldtog, “Namibia in a Day”, van stapel gestuur.

Namibiërs kan nou verskeie opwindende aktiwiteite ontdek wat in en om stede en dorpe aan die gang is.

Die NTB meen “Namibia in a Day” sal help om Namibiërs se perspektief op plaaslike toerismeprodukte te beïnvloed en fokus op die skoonheid van Namibië uit die oogpunt van Namibiërs. Namibiërs kan nou hul eie idees aanbied in die vorm van aktiwiteite.

Die veldtog behels ''n interaktiewe vraagspeletjie wat deur ''n reeks prettige vrae bepaal watter persoonlikheid jy is, waarvan jy hou en ''n interessante plek, topwenk of aktiwiteit aanbied op grond van wie jy is.

Of jy nou op onbekende grondpaaie reis of nie, is daar benewens die groot trekpleisters soos die Etosha Nasionale Park, Sossusvlei of die Visrivier-canyon, ''n behoefte vir ''n platform waar Namibiërs op hul eie ''spesiale'' manier die land kan geniet, vind en uitstal. Dit kan onder meer wees om ''n plaaslike lekkerny by ''n nedersetting te geniet, ''n onbekende stap- of fietsryroete in Windhoek te volg of op spesiale, gemeenskapsgebaseerde toere in informele nedersettings te gaan.

Die NTB hoop Namibiërs kan deur die land te ontdek, die potensiaal vir avonture en pret in hul eie land besef en hul gunstelinge deel om ander ''n geleentheid te gee om ''versteekte juwele'' te ervaar.

Die vraagspeletjie “Namibia in a Day, Proudest Picks” verwys na ''n groot keuse van aktiwiteite wat in die land gevind kan word en is meestal digitaal gedrewe wat dit vir almal in die land moontlik maak om deel te neem.

“Benewens die antwoord op die oeroue vraag ''wat sal ons vandag doen?'', kan Namibiërs ook hul ''versteekte­ juwele'' op die platform oplaai en met ander deel,” het die bestuurder van aanlyn- en digitale bemarking van NTB, me. Rebekke Amadhila, gesê.

“Klein en groot toerismeverwante besighede kan ook hieruit bevoordeel word en hul sake en dienste verwant aan ''n aktiwiteit aan die My.Na-­sakelys koppel.”

As daar byvoorbeeld ''n aktiwiteit is om die baai van Walvisbaai te verken, kan besighede wat toere aanbied hul aktiwiteit daaraan koppel.

“Benewens die skep van ''n prettige, interaktiewe platform om die land ten toon te stel, is ''Namibia in a Day'' ''n groot stap om Namibiërs op ''n breë grondslag aan die toerismebedryf te laat deelneem, en kleiner operateurs en verskaffers se dienste kan erken word,” het die uitvoerende hoof van die NTB, mnr. Digu //Naobeb, gesê.

“Met al die Namibiërs wat nou gereed maak vir die Desembervakansie, is dit nou die tyd om elke stad, dorp en nedersetting te verken.”

Besoek www.namibiainaday.com en vind uit watter interessante aktiwiteite­ is in jou omgewing.

Vir verdere navrae oor die veldtog, kontak Amadhila by 061 290 6070 of [email protected] of die aanlynbemarkingsbestuurder,, mnr. Fillemon Shifotoka, by 061 290 6017 of [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.22 | EUR to NAD 20.03 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.67 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.67 | USD to ZMW 27.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 314.67/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.011 | Zinc US$ 2 892.00/T DOWN -2.1% | Brent Crude Oil US$ 83.08/BBP DOWN -0.0057 | Platinum US$ 964.40/OZ DOWN -0.0145 #N/A