Ontdek die Turkse Riviera

Antalya aan die Middellandse See in die suide van Turkye, word nie om dowe neute as een van die mooiste plekke op aarde beskou nie.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - “Gaan uit en gaan vind vir my 'n plek wat só mooi is dat al die konings en heersers op aarde dit begeer; gaan en vind vir my die paradys.”

Volgens oorlewering was dít die opdrag van koning Attalus II van Pergamon aan sy manskappe.

Pergamon was 'n koninkryk in die noordweste van Klein-Asië (vandag Turkye) en Attalus II het van 159 v.C. tot 138 v.C. regeer.

Sy soldate het glo vir maande gereis en baie mooi plekke teëgekom, maar nie een só mooi dat hulle koning sou behaag nie.

Tot hulle op 'n dag aan die voet van die Taurusberge teenaan die Middellandse See op 'n gebied met 'n asemrowende natuurskoon afgekom het.

Dit staan vandag as Antalya, hoofstad van die gelyknamige provinsie in die suide van Turkye, bekend. Attalus het nadat hulle met die goeie nuus teruggekeer het na Pergamon, besluit om self te gaan ondersoek instel.

Die turkoois water van die Middellandse See, die berge en lowerryke oewers van die Düdenrivier het sy asem weggeslaan en hy het dadelik opgedrag gegee dat ''n stad hier gebou moes word.



Wieg van beskawings

Een van die oorrompelendste ervarings vir 'n besoeker is die besef dat hierdie mooi plek waarlik in die ­bakermat van die vroeë beskawings geleë is.

Die eerste betekenisvolle ryk in die gebied was dié van die Hetiete, vanaf die 18de tot die 13de eeu v.C. Daarna het die Frigiërs, 'n Indo-Europese volk, opgang gemaak totdat hulle koninkryk in die 7de eeu v.C. deur die Simeriërs vernietig is.

Die magtigste van Frigië se opvolgerstate was Lidië, Karië en Licië.

Die weste van Anatolië (wat vandag Turkye heet) het later bekend gestaan as Ionië en is beset deur die Ioniërs, een van die antieke Griekse volke. Die gebied is tydens die 6de en die 5de eeu v.C. in sy geheel deur die Persiese Achaeminiede Ryk verower en is later, in 334 v.C., deur Alexander die Grote ingeneem.

Anatolië is toe later verdeel in 'n aantal Griekse koninkryke (insluitende Bithinië, Kappadosië, Pergamon en Pontos), waarvan almal teen die middel van die eerste eeu v.C. voor die Romeinse Ryk geswig het.

In 324 n.C. het die Romeinse keiser Konstantyn die Grote Bisantium as die nuwe hoofstad van die Romeinse Ryk gekies en dit herdoop tot Konstantinopel (nou Istanboel). Ná die val van die Wes-Romeinse Ryk het dit die hoofstad van die Oostelike Romeinse of Bisantynse Ryk geword.

Dié ryk is gevolg deur die Turkse en Ottomaanse Ryke. In die 10de eeu het die Seldjoeke, 'n vertakking van die Kinik Oguz Turke, uit die gebied van die Kaspiese See gemigreer na die oostelike Anataliese gebiede waar baie Oguz-Turkse stamme hulle aan die einde van die eerste millennium gevestig het.

Ná hulle oorwinning oor die Bisantynse Ryk in 1071 het die Turke begin om hul nomadiese gewoontes te laat vaar vir 'n meer permanente rol in Anatolië, wat gelei het tot die ontstaan van die Seldjoekse Ryk. Hierdie ryk het egter ná ''n kortstondige heerskappy deur die Mongole verslaan.

Hul mag het stadig maar seker ineengestort. Een van die koninkryke wat deur Osman I regeer is, het die leemte gevul en uiteindelik aanleiding gegee tot die ontstaan van die Ottomaanse Ryk.

Laasgenoemde het regdeur sy 623-jarige geskiedenis met beide die Oosterse en die Westerse beskawing kontak gehad. In die 16de en 17de eeu was dit een van die wêreld se magtigste moondhede en het dit dikwels slaags geraak met die moondhede van Oos-Europa tydens sy bestendige uitbreiding deur die Balkan en die suidelike deel van die Pools-Litause Gemenebes.

Ná die agteruitgang van die ryk het die Ottomaanse Ryk hom in die Eerste Wêreldoorlog begewe deur sy alliansie met die Duitse Keiserryk en Oostenryk-Hongarye in 1914, en is uiteindelik verslaan.

Die Republiek van Turkye het toe in 1923 onder die leierskap van Mustafa Kemal Atatürk tot stand gekom.



Antalya vandag

Vandag staan Antalya en sy omstreke as die Turkse Riviera bekend.

Die gematigde Medittereense klimaat met sowat 300 dae sonskyn per jaar, maak dit een van die gesogste vakansiebestemmings ter wêreld.

Geen wonder nie Antayla spog met 400 000 beddens vir toeriste in letterlik duisende hotelle en ander verblyfplekke.

Die provinsie Antalya strek oor 'n afstand van 450 km langs die kus en sluit buiten die hoofstad, 'n veeltal klein dorpies in wat elk sy eie munisipale owerheid het.

Die inwoners tel in totaal sowat 2,2 miljoen, met nagenoeg 12 miljoen ­toeriste wat Antalya in 2015 besoek het.

Vanjaar het dié syfer tot ongeveer 8 miljoen teruggeval, wat grootliks te wyte is aan die politieke onrus in die land, verskeie bomontploffings in van die groot stede en die mislukte staatsgreep op 15 Julie.

In 1988 het die gebied maar 100 000 inwoners gehad en die reusegroei sedertdien word grootliks aan die florerende toerismebedryf toegeskryf.

Die tweede grootste bron van die ­inkomste in die provinsie is landbou. Op elke stuk bewerkbare grond, selfs in die dorpsgebied tussen huise, is tonnels waar groente en blomme onder drupbesproeiing gekweek word.

'n Mens sien ook groot sitrus-, ­olyf- en granaatboorde oral langs die pad asook katoenlande en ­denne­plantasies. Laasgenoemde is in smal stroke al langs die kus geplant om te keer dat die soutbries van die see af die verbouiing van gewasse benadeel.

Anders as ander groot stede soos Ankara, is Antalya nie 'n nywerheid­stad nie. Daar is wel baie luukse fabriekswinkels waar besoekers leerware, tekstiele, juwele en keramiekware kan koop – alles produkte waarvoor Turkye by uitstek bekend is.

Wat 'n besoek aan die streek so uitsonderlik maak, is dat die toeris die beste van twee wêrelde het: 'n Luukse son-, see- en sandvakansie met moderne geriewe, terwyl hy of sy tussendeur kan terugglip in die millennia van weleer.

Turkye, en Antayla, is inderdaad “çok güzel” (baie mooi).



•Bykomende bronne: Wikipedia en ­inligtingsmateriaal van die Turkse ­ministerie van kultuur en toerisme.



Tien dinge om te doen



1 'n Paar uur se wandeling deur Kaleiçi, die ou stadskern van Antalya met sy nou stegies en uitsig oor die seiljaghawe, is 'n moet. Koop ''n Turkse mat of kelim, drink çay (Turkse tee) by een van die straatkafees, of lê weg aan suikersoet lokum (Turkish Delight).



2 Die Poorte van Hadrianus is die ou stadspoorte wat in 130 v.C. deur die Romeine gebou en na keiser Hadrianus vernoem is. Dit skei die antieke stadsgedeelte van die moderne Antalya.



3 Die Antalya Museum bevat unieke artefakte wat die 15 000-jaar-oue geskiedenis van die streek lewend maak. Die tentoonstellings is ­kronologies en tematies en neem die besoeker op 'n reis vanaf die Steen- en Ystertydperk, deur die Griekse, Romeinse en Bisantynse eras tot by die Ottomaanse Ryk en die moderne Turkye. Dit word as een van die voorste museums in die wêreld beskou en is in 1988 deur die Euro­pese Raad as sodanig bekroon.



4 Die antieke stad Perga (of Perge) is 17 km vanaf Antalya se middestad geleë. Dit dateer terug tot die Ystertydperk sowat 3 300 tot 1 200 jaar voor Christus en die ruïnes vertel die geskiedenis vanaf die tyd toe dit onder die Griekse Ryk die hoofstad van Pamfilië was. Dit is later deur die Perse ingeneem, gevolg deur Alexander die Grote en nog later die Romeine.

In Handelinge 14:25 lees ons die apostel Paulus het gedurende sy eerste sendingreis (ongeveer 47 n.C.) saam met sy metgeselle (onder wie Barnabas) van Siprus na Klein-Asië gevaar en by Perga in Pamfilië aangekom.



5 'n Ander besienswaardigheid is die Atatürk Huismuseum waar die vader van die moderne Turkse Republiek, Mustafa Kemal Atatürk, by drie geleenthede tuisgegaan het. Die eerste daarvan was op 6 Maart 1930.



6 Die twee Düden-watervalle (Hoër Düden en Laer Düden) is die asemrowende plekke waar die Düdenrivier op 20 m en 40 m onderskeidelik teen hoë kranse af in die see tuimel. Volgens oorlewering het Alexander die Grote tydens sy besoeke sy perde daar laat water drink. Daarom noem sommige mense die Hoër Düden ook die Alexander-waterval.



7 Die Tekeli Mehmet Pasa Moskee is in die 16de eeu gedurende die Ottomaanse Ryk gebou en is in Kaleiçi geleë. Die byna vierkantige moskee het een groot, sentrale koepel in die middel, met drie kleiner liniêre koepels aan die kant. Dit is uit bourommel en gesnyde klip gebou en reeds verskeie kere daarna opgeknap.



8 Die seiljaghawe met sy rye en rye restaurantjies en straatkafees is die ideale uitspanplek ná 'n lang dag van verkenning. Hiervandaan kan toeriste met 'n tradisionele gulet (houtseiljag met twee of drie maste) die diepsee invaar. Dié sieljagte is dikwels tematies versier, met byvoorbeeld ''n beeld van die Griekse god Zeus of ander geskiedkundige figure op die boeg.



9 Antalya word omring deur die majestueuse Taurusberge, 'n bergreeks wat die Medittereense kusgebied van die sentrale platogebied in Anatolië skei. Dit strek van die Egirdir-meer in die weste van Turkye oor duisende kilometer tot by die bolope van die Tigris- en Eufraatrivier in die ooste. Hoewel Antalya matige winters het, is die bergpieke met sneeu bedek en kan besoekers by die Saklikent Ski-oord dié wintersport beoefen.



10 Die Turkse Ope word jaarliks by Antalya aangebied en dié stad en sy omstreke is ''n paradys vir gholfspelers. Byna al die vakansie-oorde langs die kus het gholfbane en of jy nou professioneel speel, of net vir ontspanning 'n paar putjies wil kafdraf – dié bane is 'n moet vir liefhebbers van die sport.

Kommentaar

Republikein 2024-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.59 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.81 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.56/OZ DOWN -0.0058 | Copper US$ 4.53/lb DOWN -0.0218 | Zinc US$ 2 877.00/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 84.30/BBP DOWN -0.043 | Platinum US$ 951.92/OZ UP +0.27% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.59 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.81 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.56/OZ DOWN -0.0058 | Copper US$ 4.53/lb DOWN -0.0218 | Zinc US$ 2 877.00/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 84.30/BBP DOWN -0.043 | Platinum US$ 951.92/OZ UP +0.27%