Ontdek die versteekte juwele van Namibiu00eb
Ontdek die versteekte juwele van Namibiu00eb

Ontdek die versteekte juwele van Namibië

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië se jaarlikse kongres vind op 21 en 22 Junie op Swakopmund plaas.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Vanjaar se jaarlikse kongres van die Gasvryheidsver­eniging van Namibië (HAN) het ten doel om met vars, innoverende idees vorendag te kom om toerismejuwele te ontdek en te ontwikkel.

Die uitvoerende hoof van HAN, me. Gitta Paetzold, het Dinsdag in die hoofstad aangekondig dat die HAN-kongres op 21 en 22 Junie op Swakopmund sal plaasvind.

“Namibië het voorwaar baie meer om te bied as wat met die eerste oogopslag gesien word. Hierdie land het vele fassinerende fasette wat nog ontdek en aan toeriste gewys moet word,” het Paetzold gesê.

“Ons moet poog om van die gewone paaie af te wyk, nuwe roetes te ontwikkel om die opeenhoping te verlig, nuwe markte vir die lae seisoen te lok en sodoende ons toerisme-­aanbiedinge oop te maak vir die toenemende aantal reisigers wat Namibië wil ontdek.”

Paetzold sê die doel is om voort te bou op die sukses van die toerismebedryf en om te verseker dat Namibië steeds gesog en in aanvraag bly, en nie net voldoen aan nie, maar ook die verwagtinge van besoekers oorskry.

“Namibië is so 'n wonderlike plek wat 'n groot verskeidenheid van landskappe, kulture en unieke plekke bied. Oor die afgelope 30 jaar het ons 'n merkwaardige ontwikkeling in toerisme-aanbiedinge gesien vir beide die internasionale, plaaslike en streeksmarkte.”

Paetzold sê HAN het besluit om sy jaarlikse kongres van November na Junie te vervroeg, want toerisme is 'n sektor wat vinnig beweeg en groei.

“Ons het pas tydens die 20ste Namibië Toerisme Ekspo (NTE) gesien daar is 'n groeiende aanvraag na nuwe en innoverende toerismeprodukte in Namibië,” het Paetzold gesê.

Die tema vir vanjaar se HAN-kongres, wat die toerismehandelskou en galadinee insluit, is “Meeting of Minds to Discover the Hidden Gems of Namibia”.

Dit gaan 'n holistiese benadering tot die ontwikkeling van 'n volhoubare toerisme-ekonomie neem met die vier sleutelpilare van volhoubaarheid, kreatiwiteit, die bemagtiging van gemeen­skappe en innovering.

Me. Hellena Kipiya-Nathinge, verkope- en bemarkingshoof van Air Namibia, het gesê die lugredery gaan met hul koste agente van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelings­gemeenskap (SADC) na die kongres bring om te ervaar watter juweel Namibië is.

“Ons almal moet saamstaan as 'n Namibiese toerismespan en met die direkte roetes van Air Namibia na Lagos en Accra in Wes-Afrika kry ons die kans om 'n groot mark van miljoene toeriste te ontgin,” het sy gesê.

Me. Karen van der Merwe, Standard Bank se hoof van die sakesektor se bankdienste, het beklemtoon dat Namibië se toerismesektor groot ­potensiaal vir groei toon.

Die HAN-kongres word deur Namibia Breweries Limited (NBL) met N$100 000 geborg, asook deur Standard Bank met N$80 000, Bannermann met N$55 000 en Marsh Namibia met N$10 000.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A