‘Ons wonderbaba’

Baba Gabrielle is op 23 weke gebore en het slegs 540 gram geweeg.
Henriette Lamprecht
Leandrea Louw – Met haar geboorte op 23 weke het Gabrielle Mirabelle Carolissen ’n skrale 540 gram geweeg. Sy is sover bekend die vroegste baba wat nóg in Namibië gebore is.
Dit was op 8 Junie vanjaar. Vyf maande later tel sy elke dag gewig op, hoewel sy steeds in die neonatale intensiewesorgeenheid (ICU) van Mediclinic op Swakopmund versorg word.
Haar ma, me. Latoya Carolissen, beskryf Gabrielle as haar “wonderbaba”.
“Ons oudste is 12 jaar oud en ons wou nog altyd nog ’n baba hê. Ons het agt jaar gewag voordat ons in Januarie die nuus gekry het dat ek swanger is. Voor Gabrielle se geboorte op 23 weke was ek vir ’n maand in die hospitaal en is later op streng bedrus geplaas,” vertel Latoya.
Volgens haar het ’n dokter aan haar gesê haar swangerskap gaan in ’n miskraam eindig.
Sy het bygesê: “God het die laaste sê. Ek het hieraan vasgeklou en my moederhart het vir my gesê waar daar lewe is, is daar hoop.
“Toe sy op 8 Junie gebore is, het ons vier maande in Mediclinic in Windhoek deurgebring. Haar longe was nie ten volle ontwikkel nie en sy was baie geneig tot infeksies. Die dokters het elke liewe antibiotika gebruik wat hulle kon vind om haar infeksievlakke onder beheer te kry. Danksy verskeie toetse het ons later besef sy het nie ’n tiroïed en die tiroïedhormoon nie,” vertel Latoya.
Volgens haar is elke dag ’n opdraande stryd met ’n ander uitdaging elke dag. Daar is egter ook elke dag klein verbeterings. Sommige dae is ’n goeie dag in die hospitaal, ander kere is dit die teenoorgestelde. “Maar dis ongelooflik om te sien hoe sy floreer, sy is baie aktief!”
Latoya sê Gabrielle was ’n brugbaba en was sedert haar geboorte aktief en skop gedurig.
“Terwyl ek swanger was, het sy geskop en rondbeweeg. Haar wilskrag en vasberadenheid is ongelooflik om te sien. Sy is so ’n vreugde!”
’n Baie emosionele Latoya se wens is om Gabrielle vir Kersfees tuis te hê.
“Sy is steeds aan die suurstofmasjien gekoppel en mag vir ’n rukkie so bly nadat sy ontslaan is. Ons sukkel nog met die voeding, maar elke dag is daar ’n bietjie vooruitgang. Sy is werklik ons wonderbaba.
As jy na haar voorletters (GMC) kyk, sien ek ‘God’s Miracle Child’, wat so gepas vir Gabrielle is.
“My man, Leswin, herinner my altyd daaraan ons moet op God vertrou en aanhou bid soos wat ons sedert die begin doen. Hy sê ook dit is God se plan en tyd en nie ons s’n nie.”
Latoya voel iets moet aan die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se riglyne vir aborsie gedoen word.
“My baba is op 23 weke lewend gebore. Ek glo sterk waar lewe is, waar daar ’n hartklop is, is daar hoop. My baba is ’n lewende bewys dat op 23 weke was sy nie net ’n fetus nie, maar ’n baba, ’n mens. Ek is baie sterk gekant teen aborsies, want my Gabrielle is die lewende bewys dat sy op 23 weke nie net ’n fetus was nie, sy is meer.
Sy moedig ma’s van vroeggebore babas aan om nooit op te gee nie en hul geloof te behou.
“Hou aan glo in God se plan; wag net vir Sy tyd. Dit is nie maklik nie, daarvan kan ek getuig. Dit is baie trane, slapelose nagte en gebede. Ek wil hê vroeggebore babas moet ’n kans kry en dat dokters hul uiterste bes moet probeer om hulle die beste kans op oorlewing te gee.”
Dinsdag is internasionale dag vir vroeggebore babas by die Mediclinic op Swakopmund gevier met ’n spesiale geleentheid vir al dié babas wat hier gebore is.
Die tema was ’n aanhaling deur Dr. Seuss dat “’n mens is ’n mens, hoe klein ook al”. Volgens die pediater by die hospitaal, dr. Sebastian Gericke, was die viering op bewusmaking gerig: “’n Baba wat vroeggebore is, is steeds ’n mens, het regte en moet met waardigheid hanteer word. Daar is baie inligting om te deel, veral met ouers oor wat om te verwag wanneer hul baba in die neonatale ICU is,” sê Gericke.
Hy het versoek dat ma’s wat borsvoed van hul borsmelk óf aan dié hospitaal óf aan die borsmelkkliniek in Windhoek skenk.
“Daar is altyd ’n behoefte.
“Mediese fondse verwag van ma’s om uit hul eie sak vir borsmelk te betaal en dit is ’n skande. Borsmelk is noodsaaklik vir die groei van vroeggebore babas. Die mediese fondse en hul vereniging moet erken borsmelk is noodsaaklik vir die oorlewing van vroeggebore babas.
“Die situasie plaas baie spanning op families wat reeds finansieel swaar trek om vir borsmelk uit hul eie sakke te betaal. Hopelik kan ons dit spoedig regstel en meer bekostigbaar en toeganklik maak wanneer ons ons eie borsmelkbank gevestig het,” het Gericke gesê.
Volgens hom word een uit elke tien babas wêreldwyd voortydig gebore. “Op Swakopmund is 50 babas vanaf November 2019 tot November dié jaar vroeg gebore. Ons het 331 bevallings gehad, rofweg sowat 16% tot 17% van die babas was vroeg gebore.
“Ons het een baba op 23 weke gehad, een op 24 weke, twee op 28 weke, drie op 29 weke, twee op 32 weke, drie op 34 weke, twee op 35 weke en die res op 36 en 37 weke.
“’n Vroeggebore baba is een wat voor 37 volledige weke gebore word,” het hy verduidelik.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.52 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.85 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.85/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.83% | Zinc US$ 2 886.60/T UP 1.13% | Brent Crude Oil US$ 89.21/BBP UP +0.35% | Platinum US$ 913.23/OZ DOWN -0.0029 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.52 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.85 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.85/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.83% | Zinc US$ 2 886.60/T UP 1.13% | Brent Crude Oil US$ 89.21/BBP UP +0.35% | Platinum US$ 913.23/OZ DOWN -0.0029