Ons Taal: Motorterme

17 May 2019 | Menings
Hallo Ma,

Hoe werk die vervoer daar waar Ma bly? En is daar 'n lys van motorterme op die sitplek? Ene Deon Pienaar het op die webwerf Prolingua my wit kar verhef tot iets met aanpasbare sitplekkonfigurasie en insittendebewus-lugsakke.

En net sodat ek my musiek kan luister, het ek ook 'n binnemotorvermaakstelsel.

Maar moenie dat ek na die Afrikaanse radiodiens toe wil oorskakel nie, want dan moet ek eers die klant­tevredenheidsindeks uit my paneelkissie grawe, en dan los ek dit sommer, want netnou word ek 'n lewende plettertoetspop. Maar Ma, ek is 'n bietjie braaf, want ek ry sonder 'n aanboutprestasiestel, maar gelukkig het my motor pletter-en-gryp-beskerming. (Ek hoop maar dis 'n goeie ding, want dit klink vir my al te veel soos iets wat nie kan besluit of hy jou vriend of jou vyand is nie.)

Soos Ma sien, ry ek in Afrikaans. Maar soms klink dit eerder of ek op die oorlogspad is: Op die paneelbord sit die revolusiemeter, en dan sit die ou knormoer ook nog reg onder my neus. En nou onthou ek dat Pa altyd gesê het dat hy op die “rimme” ry as hy sy tande uitgehaal het. Gelukkig hoef ek nie met “rimme” te sukkel nie, want my tjor het paprybuitebande omdat manlief dink ek kan so-by-so nie die “(ver)dom(de)krag-ding hanteer nie”.

In teenstelling met die fênsie terme in Wiel, klink flappe en kattebak vir my na 'n gekskeerdery. Maar dit is steeds beter as een of ander turbo charger, 'n enkelkrulnaaf-turboaanjaer wat klink soos ingroeitoonnaels wat 'n mens in jou slaap rondjaag, of 'n kontraroterende balanseeras wat die nasmaak van 'n gediagnoseerde geestesversteurde in die mond laat. Hóé ook al Ma, maak tog Ma se teenuitglysitplekgordel vas as Ma moet ry, al is dit hóé veilig daar.

Ai Ma, soek dit op in die klanttevredenheidsindeks neffens Ma!

Baai, my Ma.



Dr. Chrisna Beuke-Muir

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

Soortgelyk

 

Namibiërs stem op 27 November

1 uur gelede | Politiek

Denver Kisting - Namibiërs gaan 27 November vanjaar stembus toe om 'n president en lede van die Nasionale Vergadering (NV) te kies.Dié aankondiging is vanoggend...

Toekenning vir Namibiese TV-vrou

1 uur gelede | Kuns en vermaak

Die oud-Walvisbaaier, Linda de Jager (foto), is op 10 Mei met ‘n ATKV-toekenning bekroon vir die reeks, “Daar’s ‘n Plek met Coenie” vir Via.Via is...

From teacher to humble CEO

10 ure gelede | Mense

Leandrea Louw Bisey Uirab, the former CEO of the Namibian Ports Authority (Namport), will be heading to the Namibia Airports Company (NAC) in the...

Ek het hoop vir Rehoboth, sê Ellen Pakkies

10 ure gelede | Mense

Denver Kisting op Rehoboth – Kort nadat sy die tou stywer om haar 21-jarige seun se nek getrek het, het sy by God om vergifnis...

Psigiater vir onprofessionele gedrag ondersoek

10 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ‘n Voorlopige ondersoekkomitee van die mediese en tandheelkundige raad het bevind ‘n klagte van onprofessionele gedrag teen ‘n bekende psigiater van Swakopmund...

Hard work makes the dream work

10 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Zenneth Oosthuizen is a senior associate at PricewaterhouseCoopers (PwC) who enjoys adventure and new opportunities. “I would describe myself as a quiet and...

Writing your own story

10 ure gelede | Mense

Mariselle StofbergOctavia Tsibes was born and raised in Otjiwarongo. Her family has always been interested in writing, and this passion is evident in this humble...

Kalender 17 Mei

10 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Namibië se beste bluesgroep, Roadhouse Blues, tree vanaand by The Loft (by die Warehouse-teater) op. Die groep maak al jare musiek...

Hout gevat, maar niemand vas

10 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman - Polisie in die Kavango-Wesstreek het beslag op hout gelê wat vermoedelik onwettig geoes is, maar tot dusver is niemand in hegtenis geneem...