Ons Taal: Loop stap

07 September 2018 | Menings
Ons het verlede keer ‘n paar treë gegee om Emelda se vraag te beantwoord en vandag stap ons nog ‘n entjie verder. Sy wou weet wat die verskil is tussen stap en loop. Toe ek ‘n besoekende Nederlandse professor daaroor vra, was sy eerste reaksie: “Dis eintlik ‘n onregverdige vraag, omdat ‘n moedertaalspreker outomaties weet wanneer om watter een te gebruik, sonder om doelbewus ‘n reël daarvoor te ken, maar dis waarom daar woordeboeke is.”

Dit laat my toe dink aan toentertyd se Yellow Pages-advertensie. So, toe laat ek my vingers deur die HAT loop. Daar kry ek ‘n kis vol inligting. Beide werkwoorde beteken om te voet voort te beweeg. Elk het ook ‘n hele paar ander moontlike betekenisse, maar daar is gevalle waar die twee opvallend nie oorvleuel nie.

“Loop” dra die betekenis van in ‘n werkende toestand wees, soos in “my horlosie loop nog” en strekking, soos in “die Middeleeue loop tot ongeveer 1550” of “die bergreeks loop van noord na suid”.

As selfstandige naamwoorde is daar ook oorvleueling en onderskeid. En die woorde kan ook letterlik of figuurlik aangewend word. Jy kan iemand aan sy loop of sy stap uitken.

Maar iemand wat op die stap gaan, verwys na ‘n tog of wandeling en dit beteken iets totaal anders as iemand wat op die loop gaan, met ander woorde, wat baie opgewonde oor iets raak.

Ek was ook geamuseer om te hoor: “Wat stap jy so? Loop eerder.”

Bedoelende die persoon moet stadiger beweeg. My kollega Herman reken “stap” is meer doelgedrewe as “loop”. Hoe reken julle?

Petronella F Genis

[email protected]

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië (Unam)

Soortgelyk

 

Covid-19: Verkiesings ‘kompleks, intens’

1 uur gelede | Politiek

Denver Kisting en Kristien Kruger – Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê om die plaaslike owerheid- en streekraadsverkiesings later...

Eina, jou doring

1 uur gelede | In beeld

Kristien Kruger het die foto van die geelvink wat op ’n doringdraad hardloop in haar tuin in Klein Windhoek geneem.

‘Kommerwekkende styging’ in Windhoek-gevalle

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die aantal Covid-19-gevalle in Windhoek is besig om vinnig te styg, ‘n situasie wat deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste,...

Sluit van howe in openbare belang- Dausab

1 uur gelede | Howe

Denver Kisting – Me. Yvonne Dausab, die minister van justisie, sê hoewel hofdienste, wat ’n integrale deel van geregtigheid vorm, beperk sal wees vanweë beskikbaarheid...

Weer vir 12 Augustus 2020

1 uur gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal in die Suide voorkom. BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees....

Uitlewerings op ys weens virus

1 uur gelede | Misdaad

“Daar is individue van belang, wat vermoedelik in ons buurlande is; sommige is opgespoor en (ons) wag op die afhandeling van die vereiste administratiewe prosesse.”...

Eros se aanloopbaan opgeknap

1 uur gelede | Vervoer

Ronelle RademeyerOfskoon daar nie geld is vir omvattende rehabilitasie van die aanloopbaan by die ­Eros-lughawe in Windhoek, gaan tussentydse herstelwerk oor die volgende drie maande...

Trane loop nog steeds oor Frieda Ndatipo

1 uur gelede | Mense

Jana-Mari SmithSes jaar nadat die ­ongewapende protesteerder me. Frieda Ndatipo gedurende 'n geveg tussen die Swapo-strydkinders en die Namibiese polisie voor Swapo se hoofkantoor doodgeskiet...

Lesersfoto's 12 Augustus 2020

1 uur gelede | Lesersfoto's

Gelukkige varkie: “Dit is soos dit hoort,” sê Björn Basler. Familie: AK van Donkerhoek het die foto van die wilde perde by Aus geneem. Mooi:...