Ons Taal:
Ek hou eintlik nogals baierig van die agtervoegsels “-erig” en “-erige”, want dit gee beslis 'n meer interessanterige gevoelswaarde aan die woord as wat dit daarsonder sou hê, of hoe praat ek dan nou?
“Baierig” sê in my vorige sin eintlik mos amper die teenoorgestelde van wat ek eintlik wou sê. Ek wou dan juis die baie beklemtoon, soos in báie-báie! Maar omdat ek die agtervoegsel gebruik het, het dit, interessant genoeg, die teenoorgestelde uitwerking op die betekenis gehad. Ons sal ook maar verder soek wanneer iemand 'n rok as mooierig beskryf, amper asof iemand te bang is om te sê die rok is nie mooi genoeg nie, of sommer plein lelik. Dit gee ons dus 'n diplomatiese hulpmiddel om iets af te keur sonder om te veel aanstoot te gee. Soms wil ons iets net effe sagter stel, of in 'n ligter graad aandui, soos in die sin: “Ons kan gaan fliek, al is ek 'n bietjie moegerig.”
In 'n vorige rubriek het ons mos gesels oor my witbroodjiewoorde. En ja, ek is nog immer aan die luister vir woorde wat my oor vang, selfs al speel ons nou nie meer elke iedere dag ons wat-is-jou-gunstelingwoord-die-dag-speletjie nie. Intussen het dié speletjie, ten minste in my eie gedagtes, 'n ander kinkel in sy stert gekry, en dit is dat ek my ore spits vir twee of meer woorde wat saamspan om in my oor te kom lê en 'n geamuseerde glimlag in my gedagtes te laat nesskrop. My gunstelingwoordspannetjie vir die week: Sy is deesdae maar 'n grommerige, brommerige, bekommerige mens.
Petronella F Genis
[email protected]
Vakgroep Afrikaans
Unam

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie