Ons taal
Ons taal

Ons taal

Haikoe en senryu
Chrisna Beuke-Muir
Hallo Ma

Die swarthaak staan vol in die blom. Dis lente by ons. Het Ma-hulle seisoene daar waar Ma woon? En het julle steeds maande? Twaalf van hulle soos by ons? Ma, vir my wat nog deur ’n spieël in ’n raaisel kyk, het die persepsie van die hemel noodwendig verander. Die heelal is soveel groter as wat ek aanvanklik gedink het dat die hemel tog eenvoudig net nie die klein stukkie blou lug bo my kop kan wees – soos ek aanvanklik gedink het nie? Maar, terug na my storie:

Die swarthaak se stoffie ligstraaltjies wat oopgebars het, is by uitstek materiaal vir ’n haikoe. Ma, dalk het Ma-hulle destyds nog nie van die haikoe en sy maatjie, die senryu geleer toe Ma in 1940 in Stellenbosch was nie. Dit is ’n digvorm van Japannese oorsprong en word opgebou uit drie kort, rymlose reëls van 5, 7 en dan weer 5 lettergrepe elk. Gewoonlik word ’n natuurstemming uitgebeeld - soos die swarthaak se blommetjie. Die senryu het weer te make met mense en verhoudings en nie ’n natuurbeeld nie. Daar is ook plek vir humor, maar dan met deernis. Die haikoe en senryu verg besondere bedrewenheid, want van die digter word verrassende seggingskrag en uiters gekonsentreerde poësie binne net 17 klankgrepe vereis.

Ma, blykbaar het ’n Nederlander hierdie tipe versvorm eerste aan die res van die wêreld bekend gestel, hoewel hy nie by die aantal lettergrepe gehou het nie. Die VOC-amptenaar Hendrik Doeff (1764-1837) het op Dejima in Japan die volgende geskryf:

Laat mij je armen,

snel als bliksemschichten lenen

als hoofdkussen op mijn reis.

Ma, baai Ma, en Ma, leen my jou arms as ’n rusplek vir my hoof op my aardse reis?

Jou klimmeit.

Dr. Chrisna Beuke-Muir

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!