'Ons sal jou altyd liefhê'
Mariselle Stofberg
Die polisie is steeds op soek na die verdagtes in die tref-en-trap-ongeluk Saterdag tussen Walvisbaai en Swakopmund wat tot die dood van mnr. John Robinson (38) gelei het.
Adj. komm. Erastus Ikuyu het bevestig niemand is al in hegtenis geneem in verband met die ongeluk nie. “Ons vra dat enigiemand met inligting oor die ongeluk na vore sal kom sodat ons die saak kan oplos. Ons kort almal se hulp in hierdie saak.”
Robinson word deur mnr. Luis Calvar Collazo, bestuurder en aandeelhouer by Namibian Tecnisa in Walvisbaai, as 'n goeie mens beskryf.
“Hy was 'n professionele werknemer wat altyd bereidwillig was om te werk. Hy het altyd goed met sy span saamgewerk.”
Robinson het vir ongeveer drie jaar by Namibian Tecnisa gewerk, waarna hy twee jaar gelede 'n beter werksaanbod by Hangana Seafood gekry het. Hier is hy in die vlootafdeling as marine elektrisiën aangestel.
Sy suster, me. Adri Janse van Rensburg, wat vanjaar as Miss. Namibia Universal gekroon is, het 'n baie roerende brief namens die familie aan Robinson geskryf.
Hier volg 'n uittreksel uit die brief:
“Liefste John, ons het op 11 November 'n geliefde en liefdevolle broer en seun verloor. Jy het 'n verskriklike pynlike dood gehad, en dit was vir ons verskriklik moeilik om te begryp waarom jy so moes ly. Jy was ons alles, ons metgesel en ons beste vriend. Jy het so 'n ongelooflike mooi hart gehad, met sulke groot drome vir die toekoms.
“Ons mis alles omtrent jou; om jou te sien, saam met jou te sing, al ons kosbare herinneringe vas te vang, jou drukkies, jou lag en soveel meer. Ons het mekaar belowe ons sal altyd saamstaan en mekaar nooit los nie, maak nie saak wat nie. Dit is so ongelooflik hartseer dat jy ons verlaat het.
“Vir nou is ons enigste troos gebed. Wanneer ons na jou foto's kyk, weet ons jy is op 'n beter plek, al mis ons jou onbeskryflik baie.
“Daardie spesiale herinneringe van jou sal altyd 'n glimlag op ons lippe bring. Ons wens ons kon jou net vir nog 'n klein rukkie terug hê, net sodat ons kan saam sit en gesels soos ons altyd het.
“Jy het, en sal, altyd so baie vir ons beteken. Die feit dat jy nie meer met ons is nie, maak verskriklik seer, maar jy sal vir altyd in ons harte wees.
“Tot wedersiens. Ons het en sal jou altyd liefhê."
Robinson laat sy kinders Megan, Jonathan en klein John Micheal, sy ouers Ginny en John, sy susters Adri, Janine en Jolene asook sy vriendin, Michelle, agter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie