Ons obsessie met ander se stories
Asof dit nie genoeg is om obsessief en neuroties te wees oor jou eie netelige of minder netelige issues nie, raak ons nog obsessief oor ander mense se stories ook.
Mense wat bestaan én mense wat nog nooit bestaan het nie.
En nooit sal bestaan nie.
Ons neuse is in absoluut almal se sake – ons eie, die mense om ons s’n, en die mense in boeke en flieks of reekse.
Die mensdom is nou maar eenmaal nuuskierig verby. Soms is dit ’n vrek irriterende eienskap, soms gaan dit oor meelewendheid, en soms oor leergierigheid.
En soms gaan dit oor ontsnapping.
Die byna dekade lange Game of Thrones (GoT)-manie is ’n goeie voorbeeld hiervan.
Ek gaan ruiterlik en skaamteloos erken ek staan 03:00 Maandagoggende op om die laaste seisoen van hierdie reeks episode vir episode te kyk.
Vir die res van Mei is ek ’n GoT-junkie. En hoe weet jy dit? Want ek sal jou vertel as jy lank genoeg stilstaan.
GoT-junkies bly nie sommer stil oor hul obsessie met die reeks nie.
By die werk raak ons junkie-groepie saggies tranerig in hoekies, empatiseer met mekaar se onvermoë om wakker te bly en raak opgewonde of ontsteld oor uitspattige fan theories.
Ons gebruik al ons energie om ons kollegas te oortuig ons is 100% teenwoordig.
Maar ons is nie, ons is zombies.
En ons gaan vir die res van hierdie maand nie emosioneel of intellektueel beskikbaar wees nie.
Fisiek is ons wel hier, maar ons koppe is op ’n ander plek. By Jaime, Brienne, Arya, Sansa, Tyrion, Cersei, die Night King, Bran, Jon Snow (wat darem nou al iets weet) en Daenerys – mense wat nie bestaan nie en nooit gaan bestaan nie.
Volgens dr. Adam Galpin, ’n mediasielkundedosent aan die Universiteit van Salford in Manchester, bied énige storie (behalwe jou eie) die geleentheid om te ontsnap.
GoT is baie goed hiermee, sê Galpin, want dit behels ’n baie groot, ingewikkelde storiewêreld met baie karakters. Om dit te volg, verg baie konsentrasie en fokus – die ideale geleentheid om van jou eie goetertjies te vergeet. Boonop “voorspel” jy uitkomste en implikasies van gebeure in jou kop, wat jou ook lekker besig hou.
Dis dalk hoekom ek dit so geniet om by ’n koerant te werk – daar’s altyd iemand anders se storie om op te fokus.
Daar’s altyd ontsnapping. Daar’s altyd iemand wie se storie báie erger as myne is.
Galpin sê mense is mal oor skurke in stories, waarvan daar hope in GoT is, “want hulle doen goed wat ons nie in die werklikheid kan doen nie”, dus kan ons hulle vir hul onverskrokkenheid bewonder.
“Daar’s gewoonlik ook iets in elke karakter om mee te simpatiseer, spesifiek in GoT. Cersei (’n wrede, hartelose karakter in die reeks) verloor byvoorbeeld haar kinders, en dit maak haar moreel dubbelsinnig – wat haar baie interessanter maak,” sê Galpin.
Jy haat haar én jy voel jammer vir haar.
Wanneer ongewilde en gehate karakters doodgaan of vermoor word, bied dit die kyker ’n soort katarsis, wat geweldig bevredigend is, sê Galpin.
GoT daag boonop jou intelligensie uit – niks in die reeks is voorspelbaar nie, en jy moet regtig oplet om te weet wat aangaan, sê hy.
Hy sê Aristoteles het twee basiese menslike behoeftes geïdentifiseer: die behofte aan plesier en die behoefte aan sinvolheid.
“Beide hou verband met die manier waarop ons sekere stories geniet. As ’n storielyn ons laat wonder oor ons bestaan, bevredig dit die sinmaak-behoefte.”
Terselfderyd het die oormaat seks en geweld ’n verslawende element, sê Galpin.
GoT skroom ook nie om sy hoofkarakters te laat doodgaan nie, wat dit selfs méér onvoorspelbaar en ingewikkeld maak.
“Jy’t baie tyd om regtig geheg aan die karakters te raak en jy sien hoe hulle ontwikkel en deur beproewings gaan. Die emosionele betrokkenheid is dus groot.
“Elke karakter se reis is ’n marathon (wel, erm, ja, van amper 10 jaar) en is het dus baie ooreenkomste met die werklikheid.”
Voeg ’n paar magiese elemente soos drake, troetelwolwe, white walkers en wights by, asook mense met die vermoë om diere te beset en te beheer, en jy’t ’n resep vir totale verslawing.
Wat natuurlik beteken die aardbol gaan in Junie, wanneer die reeks verby is, met ’n klomp junkies met onttrekkingsimptome sit.
Tot die volgende superreeks.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie